Namibië topbestemming vir 2019
’n Amerikaanse leefstyltydskrif het die land se skoonheid onlangs besing.
Francoise Steynberg – Namibië is as een van die top-25 reisbestemmings vir 2019 aangewys.
Die Amerikaanse leefstyltydskrif, Town&Country, het Namibië as een van die drie topbestemmings vir 2019 in Afrika aangewys. Die ander twee Afrikalande is Rwanda en Zimbabwe.
Amaways se Zambezi Queen-riviervaart op die Choberivier is ook as een van die beste bootvaarte vir 2019 aangewys.
Die ander twee is 'n skeepsvaart rondom Kuba en op die Mekongrivier in Thailand.
Town&Country beskryf Namibië se "intense skoonheid" met “Sossusvlei se rooi soutpan wat deur duine omraam word, die ontsaglike rotsformasies van Damaraland, en die ineensmelting van woestyn en oseaan langs die Skedelkus, wat met ou skeepswrakke besaai is".
Die tydskrif besing ook woestynaangepaste wild soos leeus en olifante.
"Die land het 'n vrylopende beleid, so jy gaan nie troppe diere soos in die omheinde parke van Kenia, Tanzanië of Suid-Afrika sien nie. Hulle is daar buite, net soos jy, en dus is dit meer opwindend om op hulle af te kom."
Wat verblyf betref, word Shipwreck Lodge van die Skedelkus aanbeveel, wat deur die internasionaal bekroonde Namibiese argitek Nina Maritz ontwerp is.
Zannier Hotels, met die ingesteldheid van “eenvoud is die uiteindelike sofistikasie”, se Sonop-tentkamp in die Namibwoestyn "waar jy met die wêreld se hoogste duine wakker word", en Omaanda Lodge naby Windhoek word ook aanbeveel.
"Baie van die lodges is in ’n vennootskap met bewaringsprogramme, soos Zannier se Omaanda Lodge, waar weesrenosters en -olifante van die Jolie Pitt-stigting tydens 'n wildrit besoek word."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie