Namibië, Turkye het die Sivas Kangal geneem
Ronelle Rademeyer
As Namibiërs aan Turkye dink, is dit dalk gedagtig aan die sendingreise van apostels soos Paulus en Johannes 2 000 jaar gelede in Klein-Asië.
Die twee lande is nie net geografies ver verwyder nie, maar ook wat die taal en kultuur betref.
Tog is daar 'n dier wat deur veeboere in beide lande gebruik word om roofdiere van hul kuddes weg te hou. Dit is naamlik die Sivas Kangal-herdershond, of die Anatoliese skaaphond soos dit plaaslik bekend is.
Dié Mastiff-tipe hond kom van die provinsie Sivas in sentraal-Anatolië.
Die ras het sy naam gekry van die dorp Kangal in dié provinsie waar die Kankalis, 'n nomadiese Turkse stam, hulle vanuit Turkestan gevestig het.
Aansprake dat die Kangal-hond van Babilonië of Assirië afkomstig is, word deur biologiese bewyse weerlê.
Net so word die aanname dat die honde uit Indië via Konstantinopel (vandag Istanboel) na Turkye gebring is, nie deur geskiedkundige geskrifte bevestig nie.
Die Kangal se sterk beskermingsdrang, lojaliteit en saggeaardheid teenoor kinders en diere het tot sy groeiende gewildheid nie net as herdershond nie, maar ook as gesinshond gelei.
Mnr. Kemal Yigit, 'n winkelier van Kadriye naby Antalya in die suide van Turkye, vertel hy is uit Sivas afkomstig en het met dié honderas grootgeword.
Volgens Yigit was sy familie landbouers en moes hy as jong seun saam met sy hond die kleinveetroppe volg wanneer hulle teen die berghange gaan wei het.
Hy vertel die Turkse boere sit halsbande met skerp spykers op, om die honde se nekke sodat roofdiere soos wolwe hulle nie aan die keel kan byt nie.
Dié ras is deur die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) aan Namibiese boere bekend gestel en nagenoeg 500 van hierdie goeie herdershonde is reeds sedert 1994 op plase “ontplooi” om skape en bokke teen jagluiperds te beskerm. Dit het meegebring dat die getalle kleinvee wat deur jagluiperds gevang word, op meer as 80% van die plase waar dié honde gebruik word, afgeneem het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie