Namibië vaar goed met renosterbewaring
Namibië het 'n pluimpie vir die bewaring van renosters by die Internasionale Renosterstigting gekry, hoewel stropery en die afname in Afrika se renosterbevolkings steeds kommerwekkend is.
Katharina Moser – Die Internasionale Renosterstigting (IRF) het sy jaarverslag oor die toestand van renosterbevolkings wêreldwyd gepubliseer en Namibië is geïdentifiseer as die land met die grootste witrenosterbevolking.
Die situasie van renosters in Afrika en oor die hele wêreld is egter kommerwekkend. Die aantal witrenosters op die Afrikavasteland het die afgelope jaar weens stropery afgeneem. Met 'n huidige bevolking van ongeveer 18 000, het dié getal die afgelope dekade met 12% afgeneem.
In die Krugerwildtuin, eens die tuiste van die grootste witrenosterbevolking, is daar nou ongeveer 3 500 witrenosters – 67% minder as in 2011 toe dié getal 10 621 was. Dit beteken dat daar selfs minder renosters in Afrika kan wees as wat aanvaar word.
Hoewel stropery aanvanklik teen 2020 afgeneem het, is meer gevalle daarna weer met die aanvang van die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande maatreëls aangemeld. Luidens die verslag word veral Botswana deur die stropery van wit- en swartrenosters geteister, waarvan die mark beheer word deur 'n georganiseerde kriminele netwerk wat strek oor die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Zambië, Namibië en Botswana en na swartmarkte in Viëtnam uitgevoer word. Die IRF het gevolglik gevra vir beter kommunikasie tussen die betrokke regerings en instellings om die renosters van Botswana te red.
Tans is slegs ongeveer 5 500 van die bedreigde swartrenosters oor, maar die bevolking is besig om te groei. Die afgelope dekade het dié getal met sowat 16-17% gegroei.
Namibië huisves die meeste renosters en is met 90% die “vesting van die suidwestelike subspesies”. Volgens die verslag is die Etosha Nasionale Park die tuiste van die grootste swartrenosterbevolking ter wêreld.
“Die getalle groei geleidelik onder 'n gevestigde en innoverende natuurbewaringsprogram wat deur die Namibiese regering gedryf word. Die toekoms van die suidwestelike subspesie berus dus op Namibië se vermoë om dié beskermingstandaarde te handhaaf.”
Stropery en droogtes bly egter steeds 'n bedreiging vir Namibië se renosters.
“Ondanks die groot uitdagings, het die swartrenosterbevolking in Namibië danksy die pogings van private en regeringsnatuurreservate met meer as 6% gegroei, en die aantal witrenosters het meer as verdubbel,” het me. Cathy Dean, die hoof van Red die Renosterfonds Internasionaal (SRI), gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie