Namibië vaar swak op sosiale vooruitgangsindeks
Wat bepaal ’n land se rykdom?
Dr. Kobus Laubscher - Bykans 90 jaar gelede het ’n toe onbekende ekonoom, Simon Kuznets, die benadering ten opsigte van die ekonomiese prestasie van lande op sy kop gedraai.
Dié Amerikaanse ekonoom het ’n revolusie ontketen met sy ekonometriese verwerking van faktore wat die meet van die VSA se bruto binnelandse produk (BBP) gestandaardiseer het en vergelykings tussen lande moontlik gemaak het.
Teen die einde van die veertigerjare verbreek hy egter sy bande met die betrokke staatsdepartement omdat dié nie saamgestem het met sy siening dat onbetaalde huiswerk ook as deel van nasionale produksie verreken behoort te word in die bepaling van ’n land se ekonomiese welstand nie. Terloops, hy het in 1971 die Nobelprys vir ekonomie ontvang.
Bruto Binnelandse Produk
Die BBP is nou weer in die nuus aangesien dit allerweë as aanwyser van ekonomiese prestasie beskou word omdat agtereenvolgende dalings in die kwartaallikse BBP op ’n ekonomiese resessie dui.
Benewens die BBP-verandering, is daar ander instrumente wat die welvaart en koopkrag ook meet. Inflasie verteer koopkrag en waaroor ekonome besorg bly, is die effek daarvan op besteebare inkomste, want dit het verdere aanlyn implikasies.
Reële syfers het inflasie verreken en indien inflasie hoër is as sê die groeikoers van inkomste, verarm die verbruiker. Die bekende ekonoom Mike Schussler wys op die relatiewe verswakkende posisie van Suid-Afrikaners vergeleke met dié van ’n eweknie-wêreldburger van 1990 tot 2016.
In 1990 was die Suid-Afrikaner 11,1% beter daaraan toe, maar in 2016 19,1% swakker daaraan af as sy globale eweknie. Dit is veral die versnelde verswakking sedert 2010 wat die oog vang.
Verbeterende lewensomstandighede en welvaartskepping is ’n hoë prioriteit vir regerings en ander sosiale vennote. Die vraag is hoe om dit te meet sodat dieselfde maatstok toepasbaar is.
Vir hierdie doel is ’n sogenaamde sosiale vooruitgangsindeks (SPI) ontwikkel waarvolgens lande/gemeenskappe se vermoë gemeet word om in basiese behoeftes te voorsien. Dit meet ook die daarstel van boublokke vir verbetering van lewenstandaarde en die skep van omstandighede wat sulke aksies bevorder. Die SPI word vervolgens bereken vir 128 lande deur nie minder nie as 50 aanwysers te gebruik vir drie temas. Dié temas is basiese menslike behoeftes, welstand en geleenthede.
Wat basiese behoeftes betref, word voeding en basiese mediese sorg, water en sanitasie, skuiling en persoonlike veiligheid geëvalueer. Welstand word gemeet aan die hand van toegang tot basiese kennis, kommunikasie en inligtingsoordrag, gesondheid en die kwaliteit van die omgewing. Geleenthede word ontleed in terme van regte, die vryheid van keuse, verdraagsaamheid en inklusiwiteit en toegang tot gevorderde opleiding. Lande kry ’n punt uit 100.
Namibië
Volgens die 2017 SPI lê Namibië 88ste uit 128 lande met ’n indekspunt van 62.
Suid-Afrika het ’n indekspunt van 67 behaal en was 66ste uit 128 lande. Namibië is laag geëvaluseer ten opsigte van toegang tot gevorderde opleiding (22,67), verdraagsaamheid en inklusiwiteit (54), skuiling (57,75), water en sanitasie (58,23) en gesondheid (60,38).
Goeie nuus was dat toegang tot basiese kennis ’n punt van 81 gehaal het, persoonlike vryheid en keuses 75, persoonlike regte 67 en veiligheid 66. Opsommend was die punt vir basiese menslike behoeftes 62, welstand 69, maar geleenthede laag op net minder as 55.
Suid-Afrika het swak gevaar wat persoonlike veiligheid betref (45), en toegang tot gevorderde opleiding (50) is allermins goed, maar het redelik gevaar ten opsigte van voeding en basiese mediese sorg (88), toegang tot basiese kennis (86), toegang tot inligting en kommunikasie (79) en vir water en sanitasie kry hy 73.
Dit beteken dat middelmatige punte behaal is vir elk van die drie temas – basiese menslike behoeftes 67,5, welstand 70 en geleenthede 64,5.
Vergeleke met ander lande is daar dus baie werk om te doen, selfs binne die beperkende omgewingsfaktore.
Leiers binne die sosiale vennootskappe – staat, private sektor en arbeid – behoort sulke ontledings soos die SPI ernstig genoeg te ag om ontwikkeling en groei daarop te grond.
Dit gee gekwantifiseerde bewyse van waar hulp en leiding vinnige en groot dividende kan oplewer.
Die SPI bemagtig ook besluitnemers met meer as wat die enkelvoudige ontleding van die BBP syfers bied, en gee beter gevolg van wat Kuznets dalk in gedagte gehad het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie