Namibiu00eb ver van inentingsdoelwitte
Namibiu00eb ver van inentingsdoelwitte

Namibië ver van inentingsdoelwitte

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Geen van Namibië se arsenaal entstowwe teen Covid-19 verval eersdaags nie en daar is genoeg vir elkeen wat hom teen die siekte wil laat inent.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê om te verhoed dat entstowwe weens ’n kort raklewe verlore gaan, word die vereiste gestel dat dit vir minstens drie maande steeds bruikbaar is.

Volgens Shangula word die besendings entstowwe ook afgelewer namate die behoefte ontstaan. Die minister het tydens die aankondiging van die jongste Covid-regulasies gemaan die land het die teiken van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gemis om teen die einde van verlede jaar 40% van sy bevolking in te ent.

Die land is ook nie naastenby op koers om die doelwit van 70% van die bevolking teen die middel van vanjaar te behaal nie.

Volgens Shangula is die grootste uitdaging wat Namibië weerhou om die nodige doelwitte te behaal, die huiwering van inwoners om hulle te laat inent.

“Ek gaan dit weer herhaal – inenting bly ons enigste hoop om hierdie pandemie te beëindig, om ons skreefgetrekte lewensbestaan te herstel en ons ekonomie te herbou,” het hy gesê.

Die gemiddelde daaglikse inenting wissel volgens hom, maar bly “teleurstellend laag” op 848 vir nuwe dosisse en 211 vir tweede dosisse per dag. Teen Sondag was die totale getal vir mense wat ’n skragingsdosis ontvang het 20 874, wat ’n styging van 60% van die 8 290 ’n maand gelede verteenwoordig.
Shangula het verwys na ’n globale neiging in lande waar die inentingskoers hoog is, om weg te doen met toetsing as ’n reisvereiste, maar om eerder die persoon se inentingstatus te gebruik. “Dis ’n bykomende voordeel om ingeënt te word.”

Volgens die minister is die vierde golf in die land verby en is die aantal gevalle nou meer bestuurbaar en ’n gemiddeld van 52 per dag in die laaste week. Die aantal toetse het ook met 89% afgeneem, met ’n rekordafname in die aantal nuwe gevalle van 618%. Die positiwiteitskoers het met 276,9% tot 2% gedaal.

Teen Sondag het die aantal gevalle in die intensiewesorgeenheid ook van 63 tot vyf gedaal. Volgens Shangula het genoomtoetsing getoon Omicron was in 97% van die gevalle teenwoordig, terwyl 3% van gevalle die Delta-variant was.
* Openbare saamtrekke mag voortaan deur 500 mense bygewoon word, met die res van die regulasies wat onveranderd bly en tot 15 Maart sal geld.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!