Namibiu00eb verloor 2de held op Heldedag
Namibiu00eb verloor 2de held op Heldedag

Namibië verloor 2de held op Heldedag

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die geliefde ruimteman dr. Japie van Zyl (63) is dood.
Dié nuus het sy familie en vriende in Namibië pas bereik.
Hy is kort ná middernag laasnag (Kaliforniese tyd) in die Huntington-hospitaal in Pasadena in dié Amerikaanse deelstaat dood. Sy vrou, Kalfie (62), wat saam met hom op Outjo skoolgegaan het, het 'n oudskoolmaat en vriendin van hulle, me. Marietjie van Staden, omstreeks 17:00 vanmiddag (Namibiese tyd) laat weet. "My ou maat is weg, my ou ander helfte is weg," het sy in 'n WhatsApp-boodskap gesê.
Volgens Van Staden het die hospitaal besluit om te wag tot dit lig word voor hulle haar gekontak het.
Van Zyl het vroeg Maandagoggend (Kaliforniese tyd) 'n massiewe hartaanval gehad nadat hy gaan draf het. Het het sedertdien nie weer sy bewussyn herwin nie.
Sy dood sowat vyf ure ná dié van die veteraan-politikus mnr. Dirk Mudge, beteken Namibië het twee van sy groot helde op Heldedag verloor.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!