Namibië verloor sanglegende
Die operasangeres word as hoogs talentvol en enig in haar soort beskryf.
Yandi du Plessis
Me. Ina Di Michele, ’n Namibiese sanglegende en immergetroue leser van Republikein, is verlede Vrydag oorlede.
Die operasangeres het in die hoofstad gesterf nadat sy ’n beroerte gehad het.
“Wat ’n hartseer dag om die afsterwe van my geliefde vriendin Ina Di Michele (Visagie) met u te deel. Sy was ’n buitengewoon talentvolle vrou met die mooiste sopraanstem en natuurlike sangtalent.
“Sy was altyd ’n bok vir sports het ’n uitstekende smaak gehad vir alles wat mooi was om haar tuiste haar koninkryk van geluk te maak.
“Ons meegevoel met haar naasbestaandes. My vriendin, mag jou siel in vrede rus,” lui ’n vriend se Facebook-inskrywing. Verskeie huldeblyke het sedertdien ingestroom.
Volgens dié vriend se Facebook-inskrywing het Di Michele in die 1960’s aan die Normaal Kollege in Pretoria gestudeer. Sy was deel van verskeie studenteproduksies.
Ná die geboorte van haar seun het sy na Stellenbosch verhuis om haar B.Mus-graad te voltooi.
Di Michele het toe as voltydse sanger by die voormalige teaterorganisasie Cape Performing Arts Board (CAPAB) in Suid-Afrika aangesluit.
Teen die einde van die 1970's is sy aangestel as sangdosent by die College of the Arts, waar sy tot haar aftrede onderrig gegee het. Sy het toe private musieklesse begin aanbied.
In Windhoek het sy op verskeie radioprogramme gesing, verskeie toere vir die Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (SWARUK) meegemaak en is bekroon vir die sang van die sopraan-dele in Händel se Messias en Mendelssohn se Elia.
Onder haar studente was sy baie geliefd.
Mnr. Francios Oliver, wat musieklesse by Ina geneem het en sy First Concert Certificate-eksamen by die UK Trinity School of Music onder haar leiding geslaag het, het met skok van haar afsterwe verneem.
Olivier sê hy sal “boeke oor haar kan skryf” en was baie geheg aan sy musiekonderwyseres by wie hy vir sowat twee en ’n half jaar lesse geneem het.
“Sy was nie die maklikste mens op aarde nie en sy was beslis nie elkeen se koppie tee nie, maar dié wat wel deel van haar wêreld en haar lewe was en haar regtig leer ken het, het ’n baie unieke, liefdevolle en aansporende mens beleef.
“Ek het die voorreg gehad om meer as net die vrou agter die klavier met die stem van goud te leer ken. Ek onthou so duidelik haar hemelse pot sop wat by haar huiskonserte spesiaal vir haar studente, vir die gaste en families voorgesit is.
“Een ding van Ina wat ek nooit kon verstaan nie en maar mettertyd aanvaar het, was haar manier om my as student sleg te laat voel as ek te veeleisend op myself was. ‘Rome was not built in a day’, was die bekende woorde waarmee sy my elke keer berispe het as ek myself wou skop as ek ’n fout tydens ons lesse begaan het.
“Maar dan 30 sekondes later gooi sy my met iets omdat ek nonsens aanjaag.
“Daar is so baie wat ek kan kwytraak oor die liewe en dierbare Ina. Sy was maar net ’n unieke mens wat ek nie altyd verstaan het nie, maar terselfdertyd een van die interessantste mense wat ek geken het.
“Sy het omgegee. Sy het liefgehad en sy was nie bang om dit op haar ‘kwaai manier’ te wys nie. Ek het haar liefde vir my gevoel en gesien en dit is hoekom ek altyd uitgesien het na my lesse met haar, ongeag haar kwaaigeit.
“Ek het dissipline en deursettingsvermoë by haar geleer en sy het my ook soos ’n wenner laat voel.
“Rus sag liewe Ina. Die lesse, liefde, aansporing en waarde wat jy tot my lewe gevoeg het, sal vir ewig deel wees van my. Ons sien mekaar eendag weer,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie