Namibië vier Downsindroomdag

Henriette Lamprecht
Vanjaar se nasionale Downsindroomdag is met die ondersteuning van die FirstRand Namibia Foundation in die vorm van 'n opwipfees en onder die vaandel van die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) in Windhoek gevier.

Volgens me. Revonia Kahivere van FirstRand ondersteun die stigting DSAN reeds verskeie jare en het dit verlede jaar N$150 000 geskenk vir onderrig, bewusmaking en opleiding met die doel om verandering in die lewens van ouers, familielede, onderwysers en die gemeen­skap te bring.

Die plaaslike viering van Wêreld-downsindroomdag vind in die derde week van Oktober plaas. Volgens Eline van der Linden van DSAN is mense wat met downsindroom leef, meer vatbaar vir Covid-19.

“Aangesien gesondheid en die veiligheid van ons gemeenskap noodsaaklik is vir die werk wat ons doen, het DSAN besluit om die dag vanjaar op 'n moderne en veilige manier te vier. Die fees was 'n groot sukses en meer as 100 lede van die downsindroom-gemeenskap het die dag saam met die DSAN-span en vrywilligers bygewoon,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!