Namibië vir aanlyn ontdekkingstog gekies

Die wêreld sal ons sterre op die internet kan bewonder.
NAMPA
Namibië is onlangs vir 2017 se QQ Projek X deur die Chinese internet firma Tencent Holdings gekies.

Die projek is daarop gemik om jongmense te help om die wêreld en die natuur deur middel van die internet te ontdek.

Dit is op 22 Mei van stapel gestuur. Die eerste fase is getiteld The Species Exploration Programme en het in Junie op Galápagos, in Ecuador, gefokus.

Dit het die diep waters en vissoorte van dié Suid-Amerikaanse land ontdek en bekend gestel soos dit nog nie vantevore gesien is nie.

Tencent is in 1998 gestig en is een van die voorste internetdiensverskaffers in China. Hy fasiliteer ook sosiale media apps soos QQ, Wechat, Tencent Games en Q Zone.

Tencent se senior bemarkingsbestuurder, me. Jenny Tung, het die afgelope Vrydag by die bekendstelling van die projek in Windhoek gesê Namibië is vir die tweede fase van die projek, getiteld The Star Chasing Adventure, gekies weens die land se dinamiese aard.

“Namibië spog nie net met antieke, geheimsinnige woestyne en oop velde nie, dit beskik ook oor die betowerendste en mees fantastiese sterrehemel,” het Tung gesê.

Sy het gesê die ontdekking van Namibië se pragtige landskap en lugruim sal opgeneem word en vir die wêreld beskikbaar gemaak word om bewustheid oor die belangrikheid van omgewingsbewaring te kweek.

“Die projek is geskep rondom dinamiese jongmense wat bewus is van tegnologie en sosiale verantwoordelikhede,” het Tung gesê.

’n Afvaardiging van 15 kenners uit China sal op 25 Julie ’n Starry Concert in die Kokerboomoerwoud in die //Kharasstreek hou om sodoende ’n opname van Namibië se sterreruim te maak.

Op 26 Julie sal na die sterrewag op Rooisand Ranch in die Namib Naukluftpark verskuif word waar die groep die asemrowende uitspansel met ’n astronomiese teleskoop sal bestudeer.

Die toestel sal gebruik word om sigbare planete en sterre te bestudeer.

Tung het ook gesê hulle sal op 28 Julie Kamanjab in die Kunenestreek besoek om met die Ovahimba-volk te kuier en meer oor hul tradisionele agtergrond en hul verbondenheid tot die hemelruim uit te vind.

“Afgesien van ons ontdekkings sal die afvaardiging hul aktiwiteite ook aanlyn publiseer,” sê sy.

Sy het gesê die ontdekkingspan sal spesiale toerusting gebruik om panoramiese foto’s en video’s van Namibië se lugruim te neem, wat daarna aanlyn beskikbaar sal wees. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!