Namibië voer landbougesprekke in Dubai
Elvira Hattingh
Namibië sal vandag om 12:00 (Namibiese tyd) oor sy suksesse in landbou by die Expo 2020 Dubai gesels, met “Namibië se strewe na ’n groen ekonomie” as die tema.
Tydens die geleentheid sal die land se suksesse en geleenthede in die akkerbou- en tuinboubedryf ten toon gestel word.
Dit sluit aan by die ekspo se tema vir die week, naamlik “Food, Agriculture and Livelihoods”. Die ekspo word in Dubai gehou en het reeds die afgelope Sondag begin en duur voort tot eerskomende Saterdag.
Vandag se geleentheid sluit ’n rondetafelgesprek in wat deur die Namibiese Akkerbouraad (NAB), die ministerie van landbou, water en grondhervorming, asook die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) gelei sal word.
Namibiërs wat aan die woord sal wees, sluit in die NAB se uitvoerende hoof, dr. Fidelis Mwazi, Nature Smart se besturende direkteur, mnr. Nico van der Merwe asook me. Maria Immanuel, tegniese adviseur van die Namibiese Landbou Handelsforum.
Ander sprekers sluit in mnr. Michael Iyambo, algemene bestuurder van Oshikoto Fresh Fruit & Vegetables asook die NAB se raadsvoorsitter. Die NAB se me. Lorna Shikongo-Kuvare en mnr. Gilbert Mulonda is ook sprekers by die geleentheid.
Die geleentheid sal regstreeks op Namibia Expo 2020 Dubai asook NIPDB se Facebook-bladsye uitgesaai word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie