Namibiu00eb volgende week gasheer vir droogtekonferensie
Namibiu00eb volgende week gasheer vir droogtekonferensie

Namibië volgende week gasheer vir droogtekonferensie

Ronelle Rademeyer
Die ministerie van die omgewing en toerisme skud sy vere reg vir die Afrika-droogte­konferensie wat volgende week in Windhoek aangebied word.
Dit is die eerste konferensie van sy soort op die vasteland en is daarop gemik om ’n strategiese raamwerk vir droogtebestuur te ontwikkel wat lande se veerkragtigheid teen droogtes sal verbeter.
Verder sal die afgevaardigdes ook die behoeftes en tekortkominge sowel as nastreefbare praktyke identifiseer en vennoot­skappe en samewerking tussen lande versterk.
Die projekkoördineerder van dié ministerie, me. Kauna Schröder, het tydens die bekendstelling gesê Afrika is kwesbaar vir die impak van droogtes, wat na verwagting as gevolg van klimaat­veranderinge meer dikwels gaan voorkom.
Die konferensie sal ’n tegniese sessie insluit waaraan kenners sal deelneem, gevolg deur ’n hoë­vlakvergadering waar ministers in Afrika en verteenwoordigers van VN-agentskappe teenwoordig sal wees. Nagenoeg 600 afgevaardigdes sal dit na verwagting bywoon.
“Afrika se kwesbaarheid is beklemtoon deur die voortdurende El Niño-weerverskynsel. Oos-Afrika­ ervaar die ernstigste droogte in 60 jaar en die Verenigde Nasies (VN) het hongersnood in Somalië verklaar. Suider-Afrika word ook ernstig geraak en die droogte is in Maart vanjaar as ’n streekramp verklaar,” het ­Schrö­der gesê.
“Die groot verwagte uitkoms van die konferensie is ’n strategiese raamwerk om Afrika se veerkragtigheid teen droogtes te verbeter. Dit geniet reeds die volle steun van die Afrika-unie (AU). Ons kan nie resultate hê as ons nie al die feite bymekaar het nie.”
Namibië is sentraal in die streek se soeke na maniere om die impak van droogte te versag en huisves sedert 2013 die Suider-Afrikaanse Wetenskapdienssentrum vir Klimaatverandering en Aangepaste Grondbestuur (Sasscal). Dit is ’n gesamentlike inisiatief deur Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika,­ Zambië en Duitsland en is in reaksie op klimaat­uitdagings in die streek gestig.
Die vyf dag lange konferensie­ word by ’n bekende hotel aangebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!