Namibië was De Cuéllar se trots
Mnr. Javier Pérez de Cuéllar (100), voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), is Woensdag by sy huis in Lima, Peru, dood.
Ronelle Rademeyer - Die man wat by die Verenigde Nasies (VN) aan die stuur van sake was toe die Veiligheidsraad se Resolusie 435 in 1990 met Namibië se onafhanklikwording voltrek is, het die 30ste herdenkingsvieringe met 16 dae gemis.
Vir wyle mnr. Javier Pérez de Cuéllar, voormalige sekretaris-generaal van die VN, was Namibië se onafhanklikwording een van die prestasies waarop hy die trotsste was.
“De Cuéllar het op ’n slag gesê die prestasies waarop hy die trotsste was, is sy rol in die onafhanklikwording van Namibië en die vredesverdrag wat die Iran-Irak-konflik destyds beëindig het,” het Reuters berig.
Hy het die VN van 1982 tot 1991 gelei. In 1989 het die val van die Berlynse Muur die einde van die Sowjetunie en die Koue Oorlog ingelei. Dit het tot ’n nuwe era van internasionale samewerking De Cuéllar was die vyfde hoof van dié wêreldorganisasie en tot dusver die enigste wat uit Latyns-Amerika kom.
Mnr. António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, het hom Donderdag geloof vir die deurslaggewende rol wat hy destyds in die vrylating van Amerikaanse gyselaars in Libanon gespeel het, asook vir sy rol in die sluiting van vredesverdrae in Kambodja en El Salvador tydens sy ampstermyn.
“Hy was ’n hoogaangeskrewe staatsman, ’n toegewyde ambassadeur en ’n persoonlike inspirasie wat ’n diepgaande impak op die VN en die wêreld gemaak het,” het Guterres gesê.
Op eie bodem het pres. Hage Geingob hom geloof vir die wyse waarop hy die werk van die VN in die rigting van ’n onafhanklike Namibië gerig het.
“Ons oorgang na onafhanklikwording was moeilik, en ek gee De Cuéllar krediet vir sy visionêre leierskap in die rig van die werksaamhede van die VN se Oorgangsondersteuningsgroep (Untag) en die groter VN-familie,” het hy in ’n verklaring gesê.
“Sy begrip vir Namibië se stryd om vryheid en onafhanklikheid, en sy insig in moeilike kwessies het die grondslag gelê vir vreedsame verkiesings en ons onafhanklikwording op 21 Maart 1990.”
Dr. Riaan “Koedoe” Eksteen onthou hom so: “Hy was Peru se ambassadeur by die VN tot ’n paar maande voor ek my pos (as Suid-Afrika se ambassadeur) by die VN in New York in Oktober 1976 opgeneem het. Hierná was hy sekretaris-geraal (Kurt) Waldheim se spesiale verteenwoordiger oor verskeie netelige aangeleenthede.
“In daardie tyd het ek hom dikwels in die VN ook ontmoet en geluister wanneer hy die Veiligheidsraad toegespreek het. Hy was stil van geaardheid en dit het bygedra dat hy met gesag oor onderwerpe kon gesels en onderhandel. Toe hy later sekretaris-generaal word, was ek reeds uit New York weg. Tog kon ek sy betrokkenheid by die uiteindelike toepassing van Resolusie 435 volg en ook sy staatsmanskap en waardigheid bewonder oor hoe hy die hele oorgang na Namibië na onafhanklikwording vanuit die VN-perspektief hanteer het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie