Namibiu00eb (weer) een van wu00eareld se topbestemmings
Namibiu00eb (weer) een van wu00eareld se topbestemmings

Namibië (weer) een van wêreld se topbestemmings

Henriette Lamprecht
Die gerekende internasionale tydskrif National Geographic het Namibië as een van die beste lande in die wêreld uitgesonder veral vir die natuurskoon en vir safari’s.

Die tydskrif se globale redakteurs het die wêreld se 25 opwindendste bestemmings vir 2022 in vyf kategorieë naamlik natuur, avontuur, volhoubaarheid, kultuur en geskiedenis en familie gekies vir ’n onvergeetlike ontdekkingsreis.

Vanjaar se lys vier ook ’n aantal erfenisgebiede om die 50 jaar te herdenk wat Unesco kulturele en nasionale skatte beveilig en bewaar.

Met verwysing na Namibië, sê die tydskrif die land roep beelde op van “woestyne, reuse-duine en uitgedroogde berge”.

Maar “die teenwoordigheid van die Kavango-, Kwando-, Chobe- en Zambezirivier skep die ideale habitat vir verskeie dierespesies”.

Van die wonders wat die tydskrif genoop het om die land uit te sonder, is die Kwando-Linyanti-rivierstelsel en Nkasa Rupara, Namibië se grootste beskermde vleiland en buiten vir leeus, krokodille en seekoeie, ook die tuiste van die grootste buffelbevolking in die land.

Ander lande en hul natuurwonders wat ook op National Geographic se lys is, is die Great Otway Nasionale Park in Australië, Belize se tropiese wildlewe, die ongeskonde sterrehemel in noordelike Minnesota en die Baikal-meer in Rusland, die wêreld se oudste en diepste meer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!