Namibië wen twee keer goud
Varswaterhengelaars is vuurwarm
Die jaarlikse internasionale Streek 5 varswater-oewerhengelkompetisies het vanaf 23 tot 28 Augustus en weer vanaf 20 tot 25 September by die Hardapdam buite Mariental plaasgevind, waar spanne van Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië mekaar die stryd aangesê het.
Die kompetisie word elke jaar in twee dele gehou, omdat die dam nie genoeg plek bied vir al die spanne nie.
In Augustus het die nasionale juniors, federasie juniors en die federasie se presidentmanspan meegeding, en in September was dit die nasionale vroue, nasionale senior mans en die federasie se meesterspan se beurt.
Alle drie lande was vanjaar in die nasionale junior afdeling teenwoordig, met net Namibië en Suid-Afrika wat federasie juniors gestuur het. Die nasionale juniors kon ongelukkig nie hul oorwinning van laasjaar herhaal nie, en het met net enkele punte die oorwinning aan die Proteas afgestaan.
Onder die algehele topdrie individuele hengelaars het Iwan Kotze van Namibië wel ’n tweede plek behaal, wat slegs een punt agter die eerste plek was.
Hoewel die nasionale juniors nie so goed gevaar het nie, het die Namibiese junior federasiespan in hul afdeling die hele reeks gewen deur elke toets dag boaan die punteleer te eindig. Dit was die eerste keer wat federasiespanne ingeskryf het.
Die ontwikkeling van jong hengelaars is van uiterste belang en hier wys die jongetjies hoe dit gedoen word. In die algehele plekke het Namibië ook gesorg vir die topdrie hengelaars, naamlik JG van Zyl in die eerste plek, gevolg deur Louw Steenkamp en Adriaan Steenkamp.
Die federasie presidentspan kon weer nie die Suid-Afrikaanse SASACC-span oorwin nie, maar het wel gesorg vir naelbyt uitslae op die
toetsdae. Die SASACC-span het hard gewerk om hul oorwinning te behaal.
In September was al drie lande teenwoordig in die vroue-afdeling en met die hoë standaard van hengel was dit nie verbasend toe die spanne mekaar tot die laaste oomblik opgekeil het nie.
Die Proteas het die eerste toets gewen waarna die Namibiese span die bordjies op die tweede dag verhang het om die telling gelyk te maak. Na ’n derde dag van harde hengel het die Namibiese vroue boaan die punteleer geëindig. Hulle het die aand van die 25ste hul goue medaljes vir ’n tweede keer met trots ontvang.
Die Namibiese vroue het ook vanjaar gesorg vir twee hengelaars in die topdrie individuele wenners van die toernooi, met Betsie Bergh en Nadine Pienaar wat onderskeidelik eerste en tweede plek verwerf het, met Corrie Combrink van Suid-Afrika in die derde plek.
Betsie Bergh het ook vir die grootste karp van 6,78 kg én die grootste baber (14,22 kg) van die toernooi onder die dames gesorg, terwyl Nadine Pienaar die grootste moddervis van 2,48 kg uitgetrek het. Dit is ’n nuwe Namibiese vrouerekord.
Verlede jaar het die vroue geskiedenis gemaak deur die Proteas vir die eerste keer in 15 jaar te oorwin, en vanjaar het hulle dié prestasie verbeter en vir die tweede agtereenvolgende jaar goud ingeoes.
Die Namibiese manspan het ook uitstekend gevaar maar naelskraap verloor. Eintlik was die uitslae só na aan mekaar dat enkele visse die verskil tussen wen en verloor beteken het.
Die eerste en tweede dag het die mans met enkele punte verloor, maar wen toe die derde dag die Proteas. Ongelukkig was die oorwinning nie genoeg om ’n algehele oorwinning te behaal nie en hulle het met trots hul silwermedalje ontvang.
In die algehele topdrie plekke van die mans het Leon Diedericks van Namibië derde geëindig met die eerste twee plekke wat deur die Proteas ingepalm is.
Die federasie se meesterspan het ook sy merk gemaak deur die eerste toetsdag die Proteas te oorrompel. Ongelukkig kon hulle nie die daaropvolgende twee dae dieselfde doen nie, wat meegebring het dat hul ook ’n silwermedalje behaal het.
Die afgelope toernooie het bewys dat Namibiese varswater-oewerhengel baie goed meeding met die bestes in Suider-Afrika. Hierdie jaar het vele meer topposisies opgelewer as die vorige jaar wat ’n klinkklare bewys is dat die ontwikkeling, groei en bemarking van die sport vrugte afwerp.
Die Namibiese Varswater-oewerhengelvereniging wil graag sy borge bedank vir hulle bydraes en ondersteuning. Die toer sou nie moontlik wees sonder die ondersteuning van Namibian Beverages, Trustco, Legal Shield, Rhodes, Just Water, OK Foods, Wecke & Voigts Wholesale, Consolidated Sugar Industries, Namibian Breweries, Interpack, Colgate, Shield Namibia, Windhoek Country Club Resort & Casino, SAB Miller, Outdoor Centre, The Original Muti’s, en Conoflex.
Vir meer inligting kan Brian Bravenboer by 081 129 9493 of Carol Stinton by 081 304 0080 gekontak word

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie