Namibië wil malaria uitwis
Henriette Lamprecht - Die Namibiese regering bly daartoe verbind om nasionale hulpbronne te vergroot om malaria in die land uit te wis.
In dié verband is 'n aansoek ingedien en goedgekeur deur die Globale Fonds om gapings te vul in die land se strategie vir die beheer en uitwissing van dié siekte. President Hage Geingob het tydens die malariaberaad in Londen gesê die oorgrensbeheer van die siekte in distrikte wat grens aan lande waar malaria endemies is, bly 'n kopseer.
“Danksy die ondersteuning van die Globale Fonds, kan ons nou oorgrens- malariabeheer versterk,” het Geingob gesê.
Die Universiteit van Namibië (Unam), ondersteun deur die Universiteit van Kalifornië, is tans ook besig met navorsing om plaaslike inligting in te samel om strategieë verder te rig.
Namibië het meer as twee dekades gelede kort ná onafhanklikwording 500 000 gevalle van malaria aangeteken, met 40 000 pasiënte wat in hospitale opgeneem is. Sowat 1 700 sterftes as gevolg van die siekte is aangeteken. Vandag, 28 jaar later, is malariagevalle byna 90% minder en volgens Geingob is dit danksy begrotings om die siekte te bestry, wat meer as US$10 miljoen oor die afgelope vyf jaar beloop.
“Ons pogings om die siekte te bestry, is versterk danksy die ondersteuning van ons ontwikkelings- en ook implementeringsvennote,” het Geingob gesê.
Op streeksvlak is Namibië die gasheerland vir die Malaria-uitwissing agt (Angola, Namibië, Botswana, Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek) en ook die inkomende voorsitter vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).
“Ons hoop om dié platforms te gebruik om verder ons streeks- en kontinentale pogings in die stryd teen malaria te versterk.”
Geingob het voorts gesê Namibië is bewus van die feit dat vooruitgang in die stryd teen die siekte in baie streke van die wêreld gestagneer het.
“Dit is om dié rede dat ons by hierdie beraad is, om idees met eweknieë en kenners uit te ruil, maar ook ons vasberade toewyding te deel om malaria teen 2023 uit te wis.”
Die staatshoof het sy dank teenoor die Bill en Melinda Gates-stigting uitgespreek vir die “buitengewone werk” wat hulle in die stryd teen malaria doen.
“Ek het Bill Gates jare terug ontmoet. Ek was van 'n land met hoë ongelykhede en Bill Gates is 'n voorbeeld van hoe die rykes bronne met die behoeftiges moet deel.”
Geingob het die bevindinge en voorstelle van die Malaria Toekoms vir Afrika-studie (MalaFA) verwelkom wat vandeesweek in Londen vrygestel is.
Om te verseker dat Namibië sy belofte nakom om die siekte teen 2030 uit te wis, het die land op nasionale vlak verskeie stappe gedoen.
Die nasionale strategie is onder meer in ooreenstemming gebring met die Globale Tegniese Strategie as riglyne vir die beheer en uitwissing van malaria.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie