Namibies-Duitse spesiale bystand eindig
Die Namibies-Duitse Spesiale Inisiatief (NGSIP), wat in 2004 met die 100ste herdenking van die aanvang van die koloniale volksmoord begin het, nader sy einde.
Die amptelike finalisering van die inisiatief se ontwikkelingsprogram, wat deur die Nasionale Beplanningskommissie bestuur is, is teen die einde van Julie afgehandel.
Die laaste in die “aflewerings” van geslaagde individuele projekte is ook op pad.
Amb. Christian Schlaga van Duitsland en mnr. Ned Sibeya, adjunkhoof van die Nasionale Ontwikkelingsadvies, het ‘n kampeerterrein en ‘n sentrum waar klein- en medium sakeondernemings gehuisves sal word aan Koës se nedersettingsraad oorhandig.
Sibeya het by die geleentheid daarop gewys dat die verantwoordelikheid vir die instandhouding van die geboue nou aan die gemeenskap oorgedra word. Hy het die hoop uitgespreek dat die gemeenskap die geriewe met toewyding en skeppendheid verder sal uitbrei.
Binne die raamwerk van die NGSIP het die adjunkminister van beplanning, me. Lucia IIpumbu, en die beampte verantwoordelik vir ontwikkelingsamewerking van die Duitse ambassade, mnr. Christian Grün, op 21 Augustus nuwe koshuise aan leerlinge op Seringkop in die Kunenestreek oorhandig.
Die spesiale raadgewer van die goewerneur van die Kunenestreek, mnr. Katuutire Kaura, het benadruk dat die Namibies-Duitse Spesiale Inisiatief vir indrukwekkende projekte in die Kunenestreek, veral in afgeleë gebiede, verantwoordelik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie