Namibiese aanhouers tem die Draak
Ultrawedlope
Tielman van Lill - Vier musketiers uit die Land of the Brave het onlangs in Suid-Afrika aan die Drakensberg Ultra-Trail wedlope in 'n Unesco-wêrelderfenisgebied deelgeneem.
Altesame 233 deelnemers het vanaf 26 tot 28 April aan die suidekant van die Drakensberg in KwaZulu-Natal saamgetrek waar die Maloti-park geleë is, om oor enige van vier afstande oor ruwe terrein en op 'n stewige hoogte bo seespieël deel te neem.
Onder hulle was drie brawe Windhoekers wat die 100 kilometer en 160 km-ultrawedlope gepak het. Kyron Raad het die 62 km aangedurf, terwyl Stephanie Roland en Cameron MacRae die 100 km die stryd aangesê het.
Die vierde musketier, Keletso Nyathi, het vir die uitmergelende monsterafstand ingeskryf wat oor 160 km gestrek het.
Die roetes sluit dele soos die legendariese Sani-pas, Twaalf Apostels, Khanti Ridge, Gxalingenwa Gorge, Hodgson's Peaks, Garden Castle, Rhino Peak en Langalibalele's-pas in.
VASBYT DEUR DIE PYN
Kyron Raad, wat volgens hom in 65 km-wedlope spesialiseer, het saam met 82 atlete vir die Giant's Cup Uncut-wedloop weggespring en binne 7 ure 50 minute en 59 sekondes in die agtste posisie algeheel geëindig.
Raad het verlede jaar dieselfde afstand in 9:13:13 voltooi om algeheel 16de te eindig, maar vanjaar het hy 'n puik een uur en 23 minute uit sy vorige tyd gehap. Met dié prestasie het hy ook vir die Ultra-Trail Du Mont-Blanc-byeenkoms gekwalifiseer wat Augustusmaand in Switserland gehou word.
Roland het ook nie gras onder haar voete laat groei nie en behaal die derde posisie in die vroue-afdeling in 17:19:35, wat die algehele 12de posisie aan haar besorg. Roland het 'n paar keer verdwaal en as dit nie vir die ekstra kilometers was nie, kon sy selfs nog beter teen die 53 ander langasems gevaar het.
MacRae het 'n strawwe tyd beleef, want hy het met blase op sy voete gesukkel en min geëet. Nogtans slaag hy daarin om binne 17:32:19 die tiende man te word wat sy wedloop voltooi.
Nyathi kon ongelukkig nie betyds die afsnypunt by Castleburn haal nie en moes ná 35:33:55 die aftog blaas.
Dit moet bygenoem word dat Nyathi 'n maand tevore die 160 km Addo Elephant-wedren voltooi het en boonop 'n week voor die Drakensberg-ekskursie ook aan die Twee Oseane-ultramarathon van 56 km in die Kaap deelgeneem het.
Die algehele voorste uitslae:
160 km-roete: 1 Naomi Brand 28:34:21, 2 Lauri Tuomaala 28:34:21, 3 Steven Erasmus 30:29:21.
100 km-roete: 1 Nicolette Griffioen 13:07:29, 2 Martin Malherbe 13:35:26, 3. Mike Nash 14:36:49.
Giant's Castle (62 km):1 Rory Scheffer 6:13:33, 2 Mosoeunyana Morapalla 6:46:06, 3 Nomore Mandivengere 6:52:26.
Sundowner Run (30 km): 1 Toni Mccann 2:49:18, 2 Leani Grimes 3:15:08, 3 Julius de Clercq 3:32:31.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie