Namibiese boer deel van gewilde Duitse TV-reeks
In Julie vlieg Gerald Duitsland toe om dalk sy droomvrou te ontmoet.
Tanja Bause – 'n Namibiër gaan vir die eerste keer aan die gewilde Duitse TV-reeks Bauer sucht Frau (Boer soek vrou) deelneem.
Die reeks, wat deur RTL aangebied word, word deur sowat vyf miljoen mense gekyk en die Namibiese boer, Gerald, het nou die kans om sy land op die wêreldkaart te plaas.
Die 31-jarige Gerald was in Duitsland toe sy suster Inka op die radio gehoor het die program is na deelnemers op soek.
“Hulle het boere uitgenooi om in te skryf. Sy (Inka) het my ingeskryf - ek het nie hiervan geweet nie. Ek het eers uitgevind toe die TV-stasie my bel en vra of ek nog deel van die reeks wil wees,” het hy vertel.
Gerald het ingestem en die kameraspan was reeds twee keer op sy plaas om seker te maak hy bestaan regtig en om bekendstellingsopnames te skiet.
Dié opnames is reeds uitgesaai en vroue wat belangstel om dié boer te vang, kan nou van hulle laat hoor.
Die vroue word deur RTL gekeur, wat dan opnames oor belangstellendes aan Gerald stuur.
“Ek moet dan besluit watter van die dames ek graag van naderby wil leer ken. In Julie vlieg ek Duitsland toe om aan die ‘Scheunenfest’ (skuurfees) deel te neem en om die dames wat ek gekies het, beter te leer ken.”
Gerald moet dan een of twee vroue kies wat na sy plaas in Namibië uitgenooi word. Die vroue kom dan vir 10 dae by hom kuier en hopelik is een van hulle sy droomvrou.
“Tot dusver het niks in my lewe verander nie, maar as die vonke tussen ons spat en ek my vrou vind, gaan my lewe verander. Ek is net bietjie bang hulle is nie ernstig nie en dink hulle gaan ’n lekker vakansie in Afrika kom hou,” het Gerald gesê.
Oor wat hy in ’n vrou soek, sê hy: “Sy moet tussen 25 en 35 jaar oud wees, woema hê en eerlik wees.”
Op die internet heers groot opwinding oor die feit dat ’n Namibiese boer vir die eerste keer aan dié reeks, wat al die afgelope 13 jaar kykers lok, deelneem.
Me. Inka Bause, aanbieder van die reeks, het Namibië onlangs besoek.
“Dié jaar is daar iets besonders, 'n jong boer uit Namibië. Namibië is baie mooi en Gerald is ’n ietwat skaam, eerlike en simpatieke man. Hy en sy pa het ’n beesboerdery op ’n groot plaas van 15 000 hektaar," het Bause gesê.
“Ek het nie verwag my inskrywing sal so baie aandag trek nie. Ek is die hele tyd besig met mense wat my op Facebook kontak en vriende wil wees, ook die telefoon hou nie op met lui nie! Ek weet daar is baie enkellopende boere hier in Namibië en miskien sien hulle nou hulle kan ook aan so iets deelneem. Dalk kan hulle ook hul droomvrou ontmoet. Ek hoop ek gaan.”
Namibiese vroue wat belangstel om vir Gerald te leer ken, kan www.magis.tv besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie