Namibiese diamante skitter wêreldwyd
Yochanaan Coetzee - Almod Diamantwerke het vandeesweek sy tiende herdenking gevier en pres. Hage Geingob is genooi om die diamantverwerkingsaanleg te besoek.
Die maatskappy is deel van Diamonds International, wat een van die wêreld se grootste verskaffers van juweliersware en horlosies is en 'n groot aantal juwelierswinkels besit.
Tans beskik dié aanleg oor 178 werknemers wat Namibiese diamante plaaslik tot die hoogste gehalte verwerk.
Die hoof uitvoerende beampte, mnr. Albert Gab, het tydens die geleentheid gesê danksy die gehalte van Namibië se diamante en die kundigheid wat oorgedra word aan Namibiërs, word van die beste produkte ter wêreld verskaf.
“Terwyl ander diamantverwerkingsmaatskappye hul deure gesluit het, kon ons voortgaan en groei danksy die gehalte van die verwerking en veral die 'Crown of Light'-snit, wat 90 fasette het en wêreldwyd in aanvraag is.”
Geingob het die maatskappy geloof vir die opleiding en werkverskaffing wat dit bied en het die bestuur en werknemers aangemoedig om die regering se hand te vat om Namibië se kapasiteit in diamantverwerking te bevorder.
“Dit was vir my 'n verleentheid toe internasionale gaste soos Stevie Wonder ons besoek het en ons moes meedeel dat hulle nie plaaslik-verwerkte diamante kon vind nie. Die benadering wat Almod Diamantwerke volg om kundigheid aan Namibiërs oor te dra, is goed. Ons verwag positiewe groei vir die maatskappy, ons diamantnywerheid en ons land,” het die staatshoof gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie