Namibiese diplomaat na Berlyn genooi
Namibiese diplomaat na Berlyn genooi

Namibiese diplomaat na Berlyn genooi

Me. Michelle Farmer van die ministerie van ­internasionale betrekkinge en samewerking is deur die Duitse ambassade in Namibië uitgenooi om aan die 12de opleidingsessie vir diplomate uit Afrika in Berlyn deel te neem.

Duitsland se ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, het die uitnodigingsbrief aan Farmer oorhandig.

Die opleiding word van 4 tot 29 Junie in Duitsland aangebied.

Die Duitse Federale ­Buitelandse Kantoor bied sedert 1992 opleidingskursusse vir internasionale diplomate aan. Sedert die instelling van die opleidingsgeleent­hede het jong diplomate uit 170 lande reeds opleiding in verskillende tale in Duitsland ontvang.

Die inhoud en die metodiek van die leerplan word gegrond op die behoeftes van deelnemers en op die werksvereistes van moderne diplomasie.

Die opleiding sluit ­wêreldpolitiek van die 20ste en 21ste eeu, ­internasionale reg en ­Europese integrasie in. Op die ­diplomatieke gebied fokus die leerplan op aktuele internasionale en globale uitdagings. ­Studiereise na ­Europese instansies en ­internasionale organisasies maak ook deel van die kursus uit.

Die opleiding sluit ook ­praktiese vaardighede soos diplomatieke taalgebruik, onderhandelinge en media-opleiding in.

Deur jong Namibiese ­diplomate uit te nooi, streef Duitsland daarna om persoonlike skakeling tussen die twee lande te bewerkstellig.

Volgens 'n verklaring deur die ambassade sal die opleidingseminaar 'n betekenisvolle bydrae lewer om die noue samewerking tussen Namibië en Duitsland verder te versterk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!