Namibiese dokter beste in haar klas
Yochanaan Coetzee - Om medies te studeer, is een van die meer uitdagende studierigtings wat 'n mens kan aanpak. Dit is nóg meer uitdagend as jy dit in 'n vreemde land moet doen.
Dít maak die uitslae van 'n jong Namibiese dokter wat haar graad in Kuba verwerf het, iets besonders.
Dr. Stefanie Burger is terug in die land na ses jaar in Havana, Kuba, waar sy by die Instituto de Ciencias Medicas Superiores in Victoria de Giron medies gestudeer het. Sy het haar finale jaar met 94% geslaag en het sodoende die gesogte Titulo De Oor-prys vir haar akademiese prestasie ontvang.
“Hoewel my familie altyd baie klem op onderrig geplaas het, was dit ook vir my belangrik om goed te vaar omdat ek met mense se lewens en gesondheid werk,” sê die 28-jarige arts. Burger se familie spog met sewe dokters, maar sy is die eerste vroulike dokter onder hulle.
Haar ma, me. Ida Burger, het vir 'n geruime tyd in Namibië se diplomatieke diens gewerk en dus het Stefanie as 'n burger van die wêreld grootgeword. Sy is op Keetmanshoop gebore, waarna sy in Windhoek, Duitsland, Nigerië en Maleisië gewoon het.
“Dit was fantasties om soveel wonderlike lande te kon ervaar. Sommige plekke soos Nigerië het 'n slegte naam, maar as jy daar bly, sien jy die ander kant van die verhaal. Elke hoekie van die wêreld is anders,” sê Burger.
Ná graad 12 het sy haar eerste graad in dierkunde in Pretoria voltooi en daarna 'n blaaskansie geneem om by haar ma in Kuba te gaan kuier. Dit is hier waar die lus vir leer weer gebyt het en sy het aansoek gedoen om saam met tientalle buitelandse studente medies in Kuba te studeer.
“Dit was moeilik. Jy verlang na jou familie, maar dit dwing jou om vriende te maak en uit te gaan en deel van jou omgewing te word. Gelukkig was daar baie bystand van die Namibiese en Kubaanse regerings,” vertel sy.
Na ses jaar se harde werk het sy uiteindelik as 'n mediese dokter gekwalifiseer - as die beste student in haar klas. Haar familie het van Namibië na Kuba gereis om haar gradeplegtigheid by te woon.
“Dit was 'n besonderse ervaring. Ons het nie net van die beste opleiding met baie praktiese toepassing en persoonlike aandag van spesialiste ontvang nie, maar kon ook die lewe en kultuur in Kuba geniet. Die Kubane is so uniek en liefdevol, ek gaan baie na hulle verlang.”
Stefanie gaan volgende jaar in Spanje spesialiseer en sien daarna uit om uiteindelik na Namibië terug te keer om haar vaardighede te gebruik om 'n verskil in mense se lewens te maak.
“Elkeen van ons kan ons drome bereik. Jy moet geleenthede met albei hande aangryp.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie