Namibiese erfenis: Divers en kleurryk

Kweek identiteitstrots
Yandi Du Plessis
Ten spyte van die uitdagings wat die Covid-19-pandemie bied, word Nasionale Erfenisweek vanjaar tussen 20 en 26 September aangebied. Die tema vir 2021 is “Feshene, ke tlhale e e re lomaganang”, wat “Mode, die garing wat ons aan mekaar bind” in Setswana beteken.

Erfenisweek is 'n geleentheid vir Namibiërs om hul kultuur en herkoms te vier. Dit moedig Namibiërs aan om natuurlike en kulturele hulpbronne lewend te hou en oorgeërfde tradisies en kennis aan die nageslagte oor te dra. Die doel is om ’n identiteitstrots onder Namibiërs te kweek.

Die land se mees prominente erfenisorganisasies span jaarliks kragte saam om Erfenisweek te laat realiseer.

Dié gebeurtenis het sy oorsprong in ’n idee wat die Nasionale Museum van Namibië gehad het om ’n jaarlikse Museumdag aan te bied. Die Namibiese Museumvereniging (MAN) het by die inisiatief aangesluit en die dag is na die streke uitgebrei. Ná die Erfenisraad en ander vennote ook deel hiervan geword het, is daar ooreengekom om dié geleentheid nóg uit te brei en die naam na Nasionale Erfenisweek te verander.

DOELWITTE VAN DIE WEEK

· Om Namibië se ryk- en diverse erfenis te vier.

· Om die beskerming en bewaring van alle kulturele erfenisse in Namibië te bevorder, ongeag hul godsdienstige of etniese identiteit.

· Om te erken dat alle vorme van kulturele erfenis in Namibië as belangrik geag word.

· Om begrip van die gemeenskaplike waarde van erfenis onder verskillende gemeenskappe te bevorder.

· Om kennis van die inheemse gemeenskappe van Namibië te bewaar.

· Om 'n wye netwerk van kontakte en vennote te ontwikkel, te onderhou en te ondersteun wat toegewy is aan die behoud van kulturele erfenis deur middel van effektiewe praktyke.

Vanjaar sal geleenthede en aktiwiteite oraloor die land aangebied word. Minstens een aktiwiteit sal ook daagliks in die hoofstad plaasvind. Meer besonderhede oor die Erfenisweek-geleenthede sal mettertyd in die sosiale media gedeel word.

Alle Namibiërs word aangemoedig om deel te neem aan geleenthede wat deur plaaslike museums en kulturele organisasies geadverteer en aangebied word.

Die Erfenisspan benadruk dat alle Namibiërs die reg het om kulturele diversiteit “op ons eie manier te vier. Ons kan klere aantrek wat ons kultuur weerspieël, of ’n spesiale, unieke dis maak. Ons sal slegs in staat wees om ons kulturele en natuurlike hulpbronne te bewaar as ons dit waardeer.”

DIE ERFENISWEEK-SPAN

Hierdie instellings vorm deel van die Nasionale Organiseringskomitee. Die komitee is verantwoordelik vir die algehele beplanning, implementering en monitering en evaluering van die Erfenisweek-aktiwiteite.

· Die Namibiese Museumvereniging (MAN)

· Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC)

· Die Nasionale Galery van Namibië (NAGN)

· Die Militêre Museum

· Die Namibië Natuurstigting (NNF)

· Die Nasionale Argiewe van Namibië (NAN)

· Die Windhoek-munisipaliteit (CoW)

· Die kunste-direktoraat

· Die direktoraat van nasionale erfenis- en kultuurprogramme

· Die Nasionale Teater (NTN)

· Die Universiteit van Namibië (Unam Press)

· Die Nasionale Erfenisraad (NHC)

· Die Nasionale Toerismeraad (NTB)

· Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN)

· Gen Namibia

· Die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco)

· Die nasionale uitsaaier, NBC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!