Namibiese folklore haal Doebai-storieboek
Net 24 lande vir Wêreld-ekspo uitgesoek
Yandi du Plessis – Uit die 196 lande wat stories ingestuur het vir die 2020 Wêreldekspo in Doebai, is slegs 24 lande se stories vir publikasie gekies. Namibië is een van dié lande.
Agt van die gekose lande is in Afrika en die helfte hiervan is SADC-lande.
Children’s Tales From Around The World is ’n digitale bundel van tradisionele kinderstories en volksverhale wat die wondere van ons wêreld vier. Ter viering van Internasionale Geletterdheidsdag is dié bundel op 8 September bekendgestel.
Die digitale publikasie bestaan uit kortverhale en volksverhale uit lande vanoor die wêreld. Kinders kan ’n hele rits onvergeetlike karakters ontdek – van Namibiese voëls tot Hongaarse prinsesse en Tsjeggiese robotte.
“Behalwe dat dit die 2020 Ekspo se geskenk aan kinders en gesinne wêreldwyd is, deel dit ook die Namibiese kultuur en mense met die res van die wêreld,” sê ambassadeur Simon Maruta, die kommissaris-generaal van Namibië in Doebai. Hy het op die ekspo-komitee gedien.
Die stories en volksverhale is oor tyd en deur geslagte oorvertel. Ter ere van die kulturele oorsprong van hierdie verhale, was Namibië onder die lande wat deelgeneem het.
Die resultaat was dat me. Helvi Itenge die verhaal van “Nekwa and the Boabab Tree” kon vertel. Sy kon hulde bring aan Namibië se sterk tradisie van omahokolo (mondelinge storievertelling). Sy kombineer mites, liedjies en oortuigende illustrasies oor hoe Nekwa en haar twee vriende deur ’n reuse-kremetartboom ingesluk word, wat lei tot reddingspogings deur die hele dorp, en selfs die singende voëls.
“Nekwa and the Baobab Tree” is een van die verhale wat gekies is om kinders van 5 tot 12 jaar te help om opwindende verskille en gemeenskaplike waardes te ontdek, hul wêreldbeskouing te verbreed en ’n groter waardering vir hul erfenis te kweek. Terselfdertyd kan hulle ’n liefde vir lees ontwikkel.
“Oor die jare het volksverhale dikwels kinders se verbeeldings aangewakker. Volksverhale uit verskillende lande en kulture sal beslis lesers op ’n opwindende reis om die wêreld neem,” het Itinge gesê.
Die versameling demonstreer hoe die ekspo ’n platform bied vir elke land wat deelneem om hul kulture te deel, terwyl hulle die jeug inspireer en nuuskierigheid vir toekomstige geslagte aanwakker.
Children's Tales From Around The World is uitgereik in PDF-formaat en kan gratis afgelaai word vanaf die Expo School-program se webtuiste by schools.expo2020dubai.com. Dit is ook op Kobo en Apple Books beskikbaar.
Die eerste Wêreldekspo in die Midde-Ooste, Afrika en Suid-Asië sal vir ses maande voortduur, vanaf 1 Oktober 2021 tot 31 Maart 2022.
Die geleentheid oorvleuel met die 50ste herdenking van die stigting van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en verwys na dié land se rol as ’n wêreldwye verenigingspunt vir mense, idees en innovering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie