Namibiese jagluiperds glansmodelle
Namibië kry fantastiese blootstelling in 'n top- internasionale vrouetydskrif.
Francoise Steynberg - Namibiese jagluiperds pryk saam met die Hollywood-ster Angelina Jolie op die voorblad van die internasionale glanstydskrif Harper's Bazaar se spesiale gedenkuitgawe om hul 150ste bestaansjaar te vier.
Jolie smeul in die Namib op die voorbladfoto en in ander pragfoto's van haar, die San en drie jagluiperds van die N/a'an ku sê-stigting wat by Kanaan in die verre suide van Namibië geneem is.
Die fotosessie het tydens Jolie en haar ses kinders se besoek aan Namibië einde Junie plaasgevind toe sy en haar Namibies-gebore dogter, Shiloh Jolie-Pitt, die Shiloh Wildlewe-toevlugsoord geopen het. Dié oord is deel van die bekende omgewingsbewaarders en aanbieders van Groen: Namibië, dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren, se N/a'an ku sê-stigting. Jolie en Shiloh het ook die president, dr. Hage Geingob, en sy vrou, me. Monica Geingos, by hul woning oos van Windhoek besoek.
’n Brief van Jolie is in Harper's Bazaar gepubliseer waarin sy Namibië se bewaringspogings lof toeswaai.
Sy werk al die afgelope 16 jaar saam met die Van Vuurens en Marlice en Jolie is goeie vriendinne sedert hulle saam op die Namibiese stel van haar fliek Beyond Borders gewerk het.
"Vir my verteenwoordig Namibië nie net familie- en vriendskapsbande nie, maar ook pogings om die balans tussen mens en natuur te vind wat so noodsaaklik vir ons toekoms is," sê Jolie.
MAJESTUEUSE JAGLUIPERDS
Sy sê N/a’an ku sê bewaar die natuurlike habitat en beskerm bedreigde spesies soos olifante, renosters en jagluiperds, "soos dié wat saam met my afgeneem is".
Jolie het in 2015 die jagluiperdwelpies ontmoet en haar familie het hulle geborg. Shiloh het hulle name gegee.
"Hulle was wees en het byna gevrek. N/a’an ku sê het hulle gesond gedokter, maar hulle kan nie teruggaan na die natuur nie, want hulle het hul vrees vir mense verloor en sal op plase vrekgeskiet word. Met jagluiperdgetalle wat tot minder as 7 100 wêreldwyd getuimel het, is die doelwit om elke dier moontlik te red.
"Hierdie jagluiperds is nie troeteldiere nie en geen wilde dier moet as 'n troeteldier aangehou word nie. Hierdie unieke, majestueuse wilde diere inspireer ons om hulle te bewaar. Dis net een van verskeie stappe om die omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar."
Jolie sê elkeen het die mag om deur hul daaglikse keuses 'n impak te maak.
"Ons kan onsself byvoorbeeld verbind daartoe om nie onwettige wildprodukte soos ivoor of renosterhoring te koop nie. Die N/a’an ku sê-stiging werk ook saam met Namibië se San, wat die wêreld se oudste kultuur is. Hulle verteenwoordig duisende jare van mens en wild wat saam in harmonie leef."
DIE SAN SE LYDING
Jolie sê egter dat die San, soos ander inheemse mense, gely het toe hulle van hul grond af gedwing is deur boerdery, ontwikkeling en toe wild verminder het.
"Die vernietiging van die natuurlike habitat en wild het veroorsaak dat die San nie meer kon jag en hul families ondersteun nie. Dieselfde ding het dwarsoor die wêreld gebeur - in Afrika, Latyns-Amerika, Asië en die Stille Oseaan - en vroue word dikwels die meeste geraak," skryf Jolie.
Sy sê die meerderheid van die wêreld se armes is vroue.
"Vroue moet dikwels kos, water en brandhout soek om vir hul families te kook. Wanneer die omgewing beskadig is, en visbronne byvoorbeeld vernietig is, wild deur stropers afgemaai is of tropiese woude met stootskrapers vernietig word, vererger armoede."
Jolie meen vroue se onderrig en gesondheid ly eerste hieronder.
"Die omgewing is 'n noodsaaklike faktor vir wêreldstabiliteit met 21,5 miljoen mense wat weens klimaatsverandering ontheem word uit 65 miljoen mense in die geheel."
Jolie sê as daar een ding is wat sy geleer het, is dit dat dít waarvoor jy staan en wat jy kies om teen te staan, jou definieer.
"Soos die San-mense sê: 'Jy is nooit verlore as jy die pad na die horison sien nie.'"
Die November-uitgawe van Harper's Bazaar sal op 24 Oktober op die winkelrakke wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie