Namibiese kortfilm pak renosterstropery
Namibiese kortfilm pak renosterstropery

Namibiese kortfilm pak renosterstropery

Die fliek se doel is om tieners bewus te maak van die maatskaplike verandering wat dié kwessie veroorsaak.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Namibiese kortfilm genaamd Baxu and the Giants, wat die kwessie van renosterstropery takel, sal in Februarie met vervaardiging begin.

Die fliek vertel hoe renosterstropery maatskaplike verandering in 'n nedersetting in Damaraland veroorsaak.

Die vervaardiger, Andrew Botelle, wat bekend is vir sy flieks The Power Stone en Born in Etosha, is deur die Regshulpsentrum (LAC) gevra om 'n fliek oor dié gruwel te maak met die oog daarop om tieners te bereik.

Die skrywer en aktrise Girley Jazama (van The White Line en Revere them those Men), en die skrywer en regisseur Florian Schott van Katutura en Everything Happens for a Reason, het verkies om die storie “van binne na buite” te vertel – deur die oë van 'n onskuldige, maar dapper agtjarige meisie wat ’n diep band met die natuur en haar eie wortels het.

Dié karakter se naam is Baxu, kort vir “!Khubaxu”, wat beteken “ek kom van die grond”.

"Met die storievertelling, wat wissel van die tyd van die jagter-versamelaars tot vandag, poog die fliek om gehore wêreldwyd te bereik en om mense die onderliggende maatskaplike kwessies in landelike Namibië te laat verstaan, wat tot stropery kan lei," lui 'n mediaverklaring.

Vervaardiging is deur die Namibië Filmkommissie en die Save the Rhino-trust (SRT) bekragtig en het bykomende ondersteuning, soos finansiële of enige ander hulp, nodig.

Verfilming begin in Februarie en die fliek sal na verwagting sy wêreldpremière in Namibië in Augustus vanjaar hou.

Vir navrae of ondersteuning, kontak die vervaardigers by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!