Namibiese kuns onder hamer in SA
Namibiese kuns onder hamer in SA

Namibiese kuns onder hamer in SA

Lloyd Zandberg
Strauss & Co, een van Suid-Afrika se voorste kunsafslaers, gaan 20 werke van die Namibies-gebaseerde versameling van wyle Peter en Regina Strack aanbied. Tydens die geleentheid sal drie skaars Adolph Jentchs-olieverfskilderye en een werk van Fritz Krampe opgeveil word. Die versameling bied die geleentheid om die ooreenkomste en verskille tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse landskapskilders te bepeins. Die veiling van die Strack-versameling vind op 15 Okotber om 19:00 in die Vinyard Hotel, in Kaapstad, plaas. Lees die volledige berig Vrydag in Kollig.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer