Namibiese medialandskap verander drasties
Namibiese medialandskap verander drasties

Namibiese medialandskap verander drasties

Volgens ’n verslag van Afrobarometer voel die meerderheid Namibiërs die regering moet ingryp om fopnuus, beledigings teenoor leiers en haatspraak te beperk.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Namibiese medialandskap ondergaan belangrike veranderinge.

Volgens ’n verslag van Afrobarometer bly tradisionele media soos radio en TV steeds belangrike nuusbronne, maar die gebruik van die internet en sosiale media word al gewilder.

Namibië geniet die grootste mediavryheid in Afrika en is internasionaal 23ste op die Wêreldmediavryheidsindeks se ranglys.

“’n Groot deel van volwasse Namibiërs erken digitale media as ’n gereelde bron van fopnuus, tog ag hulle die algehele impak daarvan meer positief as negatief,” lui die verslag.

“Namibiërs waardeer die vrye media-omgewing, hoewel meer Namibiërs as ooit die regering se sensorskap goedkeur.

“Dit kan dalk ’n reaksie wees op fopnuus wat Namibiërs meen deur sosialemediagebruikers, joernaliste en politici geskep word.”

Volgens die verslag dui die meerderheid Namibiërs aan hulle is bereid om die regering se ingryping te aanvaar om fopnuus, beledigings teenoor die president en haatspraak te beperk.

SLEUTELBEVINDINGS

Hier is van die interessantste sleutelbevindings in die verslag:

Die meeste volwasse Namibiërs besit selfone (88%) en radio’s (67%).

Vier uit tien mense (40%) besit TV’s, en een uit vier (25%) besit rekenaars.

Daaglikse internetgebruik het die afgelope dekade van 5% in 2008 tot 28% in 2019 gestyg, maar vier uit 10 Namibiërs (44%) het steeds nog nooit die internet gebruik nie.

Die algemeenste bron van daaglikse nuus vir Namibiërs is radio (62%), gevolg deur TV (40%), die internet (27%), sosiale media (27%) en koerante (23%).

Uit die driekwart (76%) volwasse Namibiërs wat van sosiale media gehoor het, meen die helfte (51%) dit het ’n positiewe impak op die samelewing, terwyl ’n kwart (24%) meen dis negatief.

Sosialemediagebruikers word deur 67% van repondente as bron van fopnuus gesien, gevolg deur joernaliste (62%) en politici (60%).

Agt uit tien Namibiërs ag die land se nuusmedia as “heeltemal vry” (47%), of “ietwat vry” (33%), maar die meerderheid meen die regering moet die reg hê om publiskasies wat hy nie goedkeur nie, te belet – meer as twee keer meer as ’n dekade gelede.

Die meerderheid meen die regering moet die reg hê om publikasies te beperk of te verhoed om fopnuus (64%) te deel.

Hulle meen die regering moet ook inligting of menings wat die regering afkeur (54%) kan verhoed of beperk, of wat die president kritiseer of beledig (62%), of haatspraak (62%) behels.

Tog sê meer as die helfte van Namibië (55%) onbeperkte toegang tot die internet en sosiale media moet beskerm word.

NUWE BRONNE

Radio is by verre die algemeenste bron van nuus vir Namibiërs, volgens die verslag.

“Meer as agt uit tien sê hulle gebruik die radio daagliks (62%), of “’n paar keer per week” (21%) om nuus te ontvang.

“Televisie is die tweede gewildste bron van daaglikse nuus (40%).”

Volgens die verslag het die internet en sosiale media koerante as daaglikse nuusbronne onttroon (23%), hoewel koerante meer gereelde gebruikers (“’n paar keer ’n week” of “’n paar keer ’n maand”) as digitale media het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!