Namibiese olifant skenk in Mexiko geboorte aan baba Zoom
Namibiese olifant skenk in Mexiko geboorte aan baba Zoom

Namibiese olifant skenk in Mexiko geboorte aan baba Zoom

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Olifant-koei uit Namibië het in die Africam Safari-park by Puebla in Mexiko geboorte geskenk aan ‘n kalf terwyl die wêreld in ‘n regstreekse aanlyn uitsending op Zoom die gebeurtenis aanskou het.
Die nuusagentskap AFP berig die baba-olifant is daarna heel gepas Zoom gedoop in erkenning van dié videotoep vir aanlyn gesels wat deur die coronavirus-pandemie gewild gemaak is.
Die Mexikaanse koerant Manila Bulletin het ook die naweek oor die geboorte en die uitsending daarvan berig.
"Dit is die sesde kalf wat in die park gebore word nadat ’n trop olifante agt jaar gelede in Namibië gered is toe stropers hulle voortbestaan bedreig het," het Frank Carlos Camacho, direkeur van Africam Safari, aan AFP gesê.
“Die geboorte van ’n olifant word selde waargeneem,” het Camacho Vrydag vertel terwyl klein Zoom tussen sy ma se bene gespeel het.
“Dit is handige inligting vir wetenskaplikes wat onder meer die tydsduur en vloeistof-volumes meet,” het hy gesê.
Die park se doel is om dié Afrika-olifante later weer op die vasteland te hervestig.
“Hulle is nie ons s’n nie; hulle behoort aan die wêreld,” was sy woorde.
“Ons wil hê hulle moet in Afrika wees, maar tans is die omstandighede daar baie moeilik. Mense wat in toerisme werk, het hulle werk weens die pandemie verloor en hulle soek na alternatiewe. Die vooruitsigte is aaklig,” het Camacho gesê.

Foto: Nampa/AFP


Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!