Namibiese rolprent by Amaa genomineer
Namibiese rolprent by Amaa genomineer

Namibiese rolprent by Amaa genomineer

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die regshulpsentrum (LAC) in Namibië se animasieprent Alternative to Corporal Punishment, is in Junie in Los Angeles saam met drie ander as die beste animasieprent vir 2015 by die Afrika Rolprentakademie-toekennings genomineer.
Die rolprent beeld die stryd uit om die opinies van ? hele gemeenskap te verander. Dit speel af in ? landelike gemeenskapskool waar Paulus en sy vriende amper daagliks pak slae by die skool en tuis kry. Paulus ontdek ? strokiesprent wat oor alternatiewe vir lyfstraf skryf – iets wat hom aan die dink sit.
Hy besluit dat hy die houdings van sy familie en onderwysers wil verander. Humoristiese gebeurtenisse volg en toeskouers leer dat daar beter maniere is om kinders te dissiplineer. Paulus bevraagteken die norme van sy gemeenskap – maar sal hy die houdings van mense kan verander of sal dit net tot nog ? pak slae ly?
Lande wat die meeste nominasies by Amaa ontvang het, sluit in Etiopië, Suid-Afrika, Mauritanië, Nigerië en die Ivoorkus.
LAC het almal bedank wat betrokke by die maak van die prent was. “Wat ? prestasie – net om so ver te kon kom!” het hulle op hul Facebookblad geskryf.
Die Afrika Rolprentakademie-toekennings, ook bekend as Amaa, word jaarliks aangebied om erkenning aan die rolprentbedryf in Afrika te gee. Dit word as van die vasteland se mees gesogte toekenningsgeleenthede beskou.
Vanjaar is Amaa se 11de bestaansjaar en die toekenningsgeleentheid, wat op CNN, Al Jazeera en M-Net Africa uitgesaai word, word jaarliks deur meer as 270 miljoen mense oral oor die wêreld gesien.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer