Namibiese rolprente aan skole geskenk

5 000 DVD-afdrukke van My father’s son aan Namibiese skole oorhandig
Augetto Graig
Augetto Graig - Joe Vision is die ambisieuse rolprentproduksiemaatskappy wat Maandag sy Namibiese rolprentwinkelprojek vir die verspreiding van plaaslike rolprente bekend gestel het. Die aanvanklike voorraad van dokumentêre rolprente, kortverhale, reekse en versamelings is gehalte rolprente wat vervaardig is deur gevestigde Namibiese rolprentregisseurs soos me. Oshosheni Hiveluah, mnr. Richard Pakleppa, me. Marinda Stein, mnre. Andy Botelle, Gertzon Witbooi, Tim Huebschle en Vickson Hangula, asook Joe Vision se stigter, mnr. Joel Haikali, se eie bydrae insluitend My father’s son.

Dieselfde geleentheid is ook gebruik om die skenking van 5 000 DVD-afdrukke van My father’s son aan die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) aan te kondig. Volgens me. Hertha Pomuti, direkteur van NIED, is die skenking geborg deur die vis- en kreefmaatskappy, Seaflower van Lüderitz, van uiterse belang vir beter opvoeding in Namibiese skole.

“Die is bykomende opvoedingsmateriaal. Leer gaan oor sin maak en die skakel tussen wat mens leer en die omgewing waarin mens lewe. Dit gaan oor kultuur en waar ons vandaan kom. Dit sal onderwysers en hul leerlinge help om Namibiese kultuur te verstaan, te weet waar hulle vandaan kom en om betekenisvolle opvoeding aan te moedig,” het sy gesê.

My Father’s Son sal veral as deel van Oshikwanyama-klasse gebruik word. Volgens Pomuti is die projek ''n voorbeeld van die tipe openbare-private vennootskappe (PPP) wat ''n verskeidenheid materiaal kan verskaf om Namibiese klaskamers ''n ryke ervaring te maak.

Joe Vision beplan om plaaslike inhoud aan die plaaslike gehoor te verskaf met sy onlangse aankoop van ''n DVD-kopieermasjien. Haikali het die geleentheid beskryf as ''n groot stap om Namibiese stories en dokumentêre rolprente aan die jeug van Namibië beskikbaar te maak. “Om mense toegang tot hierdie produksies te gee, is noodsaaklik vir die stories en dokumentêre programme om ''n gehoor te vind,” het hy gesê.

Die permanente sekretaris van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, het gesê Namibië is ''n nasie van storievertellers wat almal nou so besig is; niemand vertel meer stories nie.

"Deur middel van kort en dokumentere rolprente kan mens vermaak en opgevoed word en die belegging in plaaslike afdrukke kan ''n tekort in die mark vul deur organisasies toe te laat om die produksies te koop," het hy gesê.

Ua-Ndjarakana het besigheide aangemoedig om die Namibiese produksies te vertoon en die toegang tot die materiaal te vergroot.

“Laat ons almal ons stories vertel omdat dit net deur ons stories is dat ons ons eie identiteit ontwikkel. Rolprente vang die harde werklikheid vas, maar ook die prag, volharding en hoop,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!