Namibiese Rotariër-klubs breek grense
Die afgelope jaar was een van vrouekrag vir dié organisasie in die land.
Elvira Hattingh - Die sewe Rotariër-klubs in Namibië het die afgelope jaar ‘n vroulike leierskapsyfer van 71% gehandhaaf.
Hoewel die vroue se termyne teen maandeinde tot ‘n einde kom, sal van die nuwe klubpresidente weer vroue wees.
Die Rotariër-vereniging is ‘n globale netwerk van 1,2 miljoen mense in sowat 200 lande.
Hul doel is om sake- en professionele leiers te verenig om humanitêre dienste te verskaf, hoë etiese standaarde in alle beroepe aan te moedig en ook om welwillendheid en vrede oraloor die wêreld te bevorder.
Sedert Julie 2017 het me. Hileni Rijnen as president van die Auas-Rotariërs gedien, me. Heide Beinhauer is president van die Windhoek-Rotariërs, me. Lanice Helmuth is die president van Klein Windhoek Valley se klub, me. Lily Raubenheimer van Lüderitz se klub en me. Anja Rohwer van Swakopmund se Rotariërs.
Rijnen het gister aan Republikein gesê hulle beskou dit as ‘n merkwaardige prestasie, veral in die lig daarvan dat dit aanvanklik bekend gestaan het as ‘n konserwatiewe klub vir “ou, wit mans” voor ‘n beslissing in 1987 in die Amerikaanse hooggeregshof vroue ook toegelaat het.
“Vandag is vroue dié deel van ons ledetal wat die vinnigste groei,” het Rijnen gesê.
Auas se Rotariërklub was die eerste in Namibië om mense van ander rasse en vroue as lede toe te laat.
Dit was ook hierdie klub wat plaaslik die eerste vroulike president, me. Heike Baumann, gehad het.
Sy het die klub van 1999 tot 2000 gelei en is steeds ‘n aktiewe lid.
Rijnen is tans die president van dié klub.
“Dit is wonderlik dat die Rotariërs die grense van geslag en ras kon breek. Nou kan ons, soos ons motto sê, almal saam ander dien en ons bes doen om ons mooi land, die wêreld en sy burgers te verbeter,” het sy gesê.
Hierdie klub was die afgelope jare by verskeie projekte betrokke, wat insluit steun aan die Witvlei-weeshuis en Friendly Haven, ‘n skuiling wat mishandelde vroue en kinders inneem.
Drie groot projekte waarby hulle onlangs betrokke was, is die Dordabis-gemeenskapskool en –tuinprojek, waar rekenaars en onderrigmateriaal aangekoop is en ‘n sonpomp aangebring is om skoon water te pomp; die Beautiful Kidz-sentrum waar materiaal vir onderrig verskaf is, en die Kaisosi-vroue-landbouprojek, waar tuingereedskap verskaf is.
Die Windhoek-klub is die oudste in Namibië en het intussen verskeie vroulike leiers gehad, waarvan die eerste me. Miriam Truebody is, wat van 2001 tot 2002 president was.
Hulle was ook by verskillende projekte betrokke, wat insluit opknapwerk aan die Baumgartsbrunn-skool en –koshuis in die Khomas Hochland en die opleiding van onderwysers vir die Laerskool Martti Ahtisaari in Katutura.
Hulle organiseer ook al jare lank die Cycle Classic – ‘n geleentheid waartydens families aan ‘n fietswedren kan deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie