Namibiese ruiters op pad na Algeriu00eb
Namibiese ruiters op pad na Algeriu00eb

Namibiese ruiters op pad na Algerië

Tanja Bause
Tanja Bause – Vier Namibiese ruiters neem eersdaags aan die Afrika Jeugspele in Algerië deel waar hulle in ’n verskeidenheid items teen 3 060 ruiters om die louere meeding.

Dit is die eerste keer dat Namibiese ruiters deelneem.

Twee van hulle is van Otjiwarongo en neem by mnr. Jan de Villiers by die Outjo Reitklub lesse.

“Die kinders werk ongelooflik hard. Hulle is elke dag tussen vier en ses ure by die perdestalle, ook oor naweke. Hulle gee baie van hulle tyd en maak baie opofferings,” het De Villiers gesê.

Kayla de Wet (15) het op vierjarige ouderdom begin perdry. Sy was sy verlede jaar ‘n lid van die Namibiese span wat in Zimbabwe meegeding het.

Jessica Kreiner (17) het in graad 1 begin perdry en het haar land al in Suid-Afrika en Zimbabwe verteenwoordig. Met haar deelname aan ’n kompetisie in die buurland het die Namibiese span ’n tweede plek ingepalm. “Ek sien baie na die Jeugspele uit en is nogal op my senuwees. Uit al die perderuiters is net 60 skouspringers en ons is deel van hulle,” het Kreiner gesê.

De Wet is ewe opgewonde. “Dit het nog nie heeltemal ingesink dat ek Algerië toe gaan om my land te verteenwoordig nie, maar ons sal ons beste gee.”

Die spele se opening is op 18 Julie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!