Namibiese ruiters spring hoog in buurland
Perdesport
Tielman van Lill - Ses van Namibië se jong uitsoekruiters was onlangs op besoek aan Botswana waar hulle die spankompetisie in die skouspringafdeling van die FEI Groep IX Inter-Afrika Nasiebeker in Gaborone gewen het.
Die span wie se lede van Gobabis, Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek afkomstig is, het teen Angola, Botswana, Ethiopië, Kenia, Kongo, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Swaziland, Senegal, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe in dié gesogte kompetisie deelgeneem.
Drie ruiters – Svenja Späth (19 jaar, Namib Hoërskool) op haar perd Metzger Drilling Bodenhausen Zambezi in die 110 cm kategorie, Nicole Becker (HNSS Watani) in die hoër as 100 cm-klas en Pia Gebhardt (14 jaar, Privaatskool Swakopmund) op Bastos Twahil in die 90 cm-afdeling – het die Namibiese vlag met trots as oorwinnaars in die vreemde laat wapper.
Beide Becker en Gebhardt het dubbelrondes sonder enige foute afgelê, terwyl Späth ongelukkig was om twee keer 'n dwarsbalk af te stamp. Met slegs agt strafpunte teen hulle het die Namibiërs met gemak die eerste plek ingeneem.
Suid-Afrika wat met 16 strafpunte tweede geëindig het, Botswana met 20 (derde) en Swaziland (28) kon nie die briljante driemanskap op baanbouer Cord Cordes van Namibië se uitstekend ontwerpte en goed voorbereide baan klop nie.
Dressuur
Behalwe dat die drie patriotte die springkompetisie gewen het, het hul spanmaats naelskraap (3.11 punte verskil) agter Botswana in die tweede plek met 392.83 punte geëindig.
Kirsten Chiappini (18 jaar, Windhoek Gimnasium) op Playboy in die beginnersklas, Aniké Maritz (16 jaar, Privaatskool Swakopmund) met Baron von Sphinxblick (inleidings-afdeling) en Nadine Flemming (16 jaar, DHPS Windhoek) op Seeis Shelton in medium inleidingsklas was hul land se elite verteenwoordigers. Hulle het onder meer Suid-Afrika uitgestof wat derde klaargemaak het.
Individueel
Behalwe vir die spankompetisies het die Namibiërs ook in die individuele kompetisie uitgeblink waar hulle vyf van die agt dresseer-, asook drie van die agt skouspringitems ingepalm het.
Vyf tweede plekke met die skouspring en nog 'n tweede plek is in dressuur behaal.
Afrika-skild
In April het die Namibiese Ruiterkunsvereniging vir Linda Fryer, Annette Künzle, Olaf Falk en Jessica Kreiner na Harare gestuur waar hulle op geleende perde aan die Afrika-skild deelgeneem het.
Dié dissipline het vir bykans drie dekades redelik min prominensie gekry, maar is tans besig om ongekende groei in gewildheid te beleef. Die viertal het goeie rekenskap van hulself gegee waar Freyer vyfde in die individuele kategorie geëindig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie