Namibiese skepping pryk in Buckingham-paleis
Namibiese skepping pryk in Buckingham-paleis

Namibiese skepping pryk in Buckingham-paleis

Francoise Steynberg
Namibië is Maandag by 'n spoggerige geleentheid in Buckingham-paleis by die afskop van die Statebond- modebyeenkoms verteenwoordig.

Die gasvroue van die geleentheid was Kate, die hertogin van Cambridge, Sophie, die gravin van Wessex, en prinses Beatrice van York.

Die geleentheid het plaasgevind voor die Statebond se regeringshoofde in April vergader en het modeontwerpers en kunstenaars van 53 Statebondlande byeengebring wat die Londen-modeweek bygewoon het.

“Hul gekombineerde talent was 'n ware wêreldwye modeverklaring,” lui 'n verklaring van die Omba-kunstrust.

'n Halssnoer van volstruiseierdoppe, ontwerp deur Karin le Roux van die Omba-kunstrust, en handgemaak deur die Ju/'hoansi San-vroue van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, is deur die Kanadese modeontwerper T. Lucian Matiss gekies om deel van sy uitrusting te wees.



gedig

Lucian het 'n gedig oor oliebesoedeling in die Suid-Chinese See geskryf wat die samestelling van sy uitrusting beïnvloed het.

Die swart-en-bruin ontwerp met ingewikkelde voue is met Swarovski-kristalle afgerond en oor swart kant gedra.

Die volstruiseierdophalssnoer is dramaties oor die mannekyn se gesig gedrapeer.

“Met die 60 000 jaar oue tradisie van die maak van volstruisdopkrale, het ek die stuk as 'n deel van die oog van wysheid gesien,” het Lucian aan Karin gesê.

“Hierdie projek is ryk in vennoot­skappe en gesamentlike kreatiewe ontwerp,” het Livia Firth, die stigter en kreatiewe direkteur van Eco-Age gesê, wat die geleentheid georganiseer het.

“Die projek val saam met 'n vlaag wêreldwye belangstelling in handgemaakte produkte en outentieke luuksheid,” het Livia gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!