Namibiese skoonheid Ghana toe vir erfenis

Tanja Bause
Tanja Bause



Een van die top-30-finaliste in vanjaar se Mej. Namibië-kompetisie sal die land by Miss Heritage Global 2019 in Accra in Ghana verteenwoordig.

Me. Lineekela Hashiyana (23) sal van 10 tot 20 Augustus aan dié kompetisie onder die tema “The year of return” deelneem.

Mnr. Bobby Kaanjosa, direkteur en agent van Pageant Girls by Bobby K, het Hashiyana gekies om aan die kompetisie deel te neem.

“Die organiseerders stuur altyd vereistes waaraan deelnemers moet voldoen en ek kies dan 'n vrou wat daaraan voldoen,” het Kaanjosa gesê.

Hashiyana is die vyfde Namibiese deelnemer aan die kompetisie, met me. Tessia Mutwemzi wat in 2017 deelgeneem het.

“Na Tessia aan Miss Heritage Global deelgeneem het, het sy aan Mej. Namibië 2017 deelgeneem en is sy as tweede prinses gekroon,” het hy gesê.

Miss Heritage Global is 'n internasionale kompetisie wat kultuurambassadeurs vanoor die hele wêreld byeenbring om hul kultuur te deel en nuwe kulture te ervaar.

Die kompetisie is die eerste keer in 2013 gehou om die bewaring van wêrelderfenis te bevorder en om 'n omgewing te skep waarin kulture gedeel kan word om verdraagsaamheid te bevorder.

“Sowat 55 deelnemers vanoor die wêreld sal verskeie plekke van kulturele belang in Ghana besoek. Hulle sal die kultuur deur kos, musiek, kuns en mode ervaar, en Lineekela sal haar kultuur met die wêreld deel,” het Kaanjosa gesê.

Hashiyana sal vandag na Ghana vertrek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!