Namibiese skrywer wen groot literêre prys
Die Namibiese skrywer Zirk van den Berg het die oudste prys vir Afrikaanse fiksie, die W.A. Hofmeyr-prys, vir sy roman Ek wens, ek wens ingepalm.
Van den Berg het stof in die oë van Afrikaanse skrywersreuse Etienne van Heerden en Kerneels Breytenbach geskop. Van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld en Breytenbach se Hond se gedagte was op die kortlys.
Van den Berg het gisteraand uit Auckland in Nieu-Seeland aan Republikein gesê "ek kan nie glo ek het 'n literêre prys gewen nie - en dit vir daardie klein boekie. Ek was regtig oortuig Etienne gaan wen."
Die beoordelaars noem Van den Berg se boek ’n “groot, klein boek” en “’n oorrompelende leeservaring”.
“Daar is boeke wat ’n mens in ’n ommesientjie kafdraf, maar wat jou jare lank bybly. Ek wens, ek wens is ook so ’n groot, klein boek. Dit sorg vir n oorrompelende leeservaring, maar dit kom die leser se wêreld in sonder ’n gedawer of gedruis. Dit is, in elke sin van die woord, ’n betowerende teks,” volgens die beoordelaars.
Van den Berg se tweede boek in sy Hochnamib-reeks wat in Namibië afspeel, Tweegevreet, sou vandeesweek gepubliseer word, maar is weens die Covid-19-pandemie tot begin Augustus uitgestel.
Die foto is verlede jaar tydens Zirk van den Berg se boekbekendstelling in Windhoek deur Francoise Steynberg geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie