Namibiese sout van Walvisbaai na VSA
'n Reusevrag sout uit Namibië word tans na Amerika uitgevoer.
Otis Finck op Walvisbaai
Walvis Bay Salt Refiners (WBSR) is in die proses om sy eerste skeepvrag sout na Amerika uit te voer.
Die 50 000 ton sout wat vir die Amerikaanse ooskus bestem is, is van 18 tot 23 Januarie in Walvisbaai se hawe aan boord die vragskip die Condor gelaai.
WBSR sê pogings om hul aantal kliënte verder as die tradisionele Afrikamark uit te brei, het uiteindelik vrugte afgewerp toe 'n kontrak met 'n Amerikaanse invoerder gesluit is. Dit volg ná jare se intensiewe bemarking in Noord- en Suid-Amerika.
Volgens mnr. Gregory Swartz, die WBSR se direkteur van sakeontwikkeling, beoog die maatskappy om ongeveer 250 000 ton na markte in Noord- en Suid-Amerika uit te voer.
“Ons produseer gemiddeld 3,5 ton sout per dag wat 'n maandelikse opbrengs van ongeveer N$1,8 miljoen verseker. Die grootste hoeveelheid van ons produk word na Nigerië uitgevoer waar dit veral vir voedselpreservering in landelike gebiede gebruik word,” het hy gesê.
Namport verdien 'n inklusiewe tarief van N$325 544 vir die hantering en laai van die 50 000 ton sout en die voorsiening van veiligheidsdienste.
WBSR se besturende direkteur, mnr. Andre Snyman, het verduidelik die maatskappy het 'n omvattende ontleding van die internasionale soutuitvoermark onderneem en het onlangs in die uitbreiding van produksiekapasiteit belê.
Die uitbreidingsprogram by WBSR is in 2016 voltooi, wat die jaarlikse produksie van 700 000 ton tot ongeveer 1 miljoen ton verhoog het.
WBSR is die grootste soutmyn in Afrika suid van die Sahara.
Die myn is deel van die wyer Synchem-groep en beskik oor 'n ISO 9001-sertifikaat.
Volgens die Soutinstituut is daar meer as 14 000 bekende gebruike van sout.
Dit is eetbaar as tafelsout en word algemeen as smaakmiddel en vir die preservering van voedsel gebruik.
Sout is die doeltreffendste, mees geredelik beskikbare, mees ekonomiese middel om van ys op snelweë ontslae te raak. Altesaam 8% van alle soutproduksie word hiervoor gebruik.
Dit word ook in die behandeling van water en in chemiese aanlegte aangewend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie