Namibiese vegters hou greep op titels

Skopboks
Otis Finck
Otis Finck - 'n Astronomiese sukses, is hoe die heel eerste professionele internasionale wêreldtitelgeveg asook drie Sub-Sahara titelgevegte beskryf is wat laas naweek deur die Namibiese Skopboksfederasie (NKF) op Walvisbaai aangebied is.

Die Suid-Afrikaner Brandon Mashele het sy wêreldtitel van die RCFAI (Ring Contact Fighting Arts International) suksesvol teen sy uitdager van Reunion-eiland, Hendrick Jean Clain, verdedig.

Mashele het Hendricks se linkerarm met 'n kragtige skop gebreek, wat die uitslag reeds in die eerste ronde met 'n tegniese uitklophou in sy guns beklink het.

Die drie Namibiese vegters wat in gevegte vir Sub-Sahara Afrika-titels betrokke was, het ook nie teleurstel nie en het almal hul gevegte teen Suid-Afrikaanse uitdagers gewen.

Die land se junior sportman van die jaar in 2016, Delano Müller, het in 'n atoomgewig botsing oor vyf rondes met punte teen Thabiso Mkwebane van Suid-Afrika gewen.

Lesley Hoaeb het met 'n tegniese uitklophou in die vierde ronde sy geveg teen Nico Bezuidenhoudt beëindig om sy Afrika-superliggewigtitel te behou.

Julian Müller het sy supermiddelgewig titelgeveg teen Johan Scholtz eenparig met punte gewen.

Die intensiteit van al die titelgevegte, asook die vaardighede en manmoedigheid van die vegters het toeskouers in ekstase gehad.

“Ons is bevoorreg en die standaard is baie hoog gestel. Namibië het nou ons eie kampioene wat op ons tuisbodem hul titels teen uitdagers kan verdedig. Ons is nou ook in die posisie om verteenwoordigende Namibiese skopboksspanne te kies om onder die landsvlag op internasionale vlak mee te ding,” sê me. Anita de Klerk, die president van die NKF.

De Klerk het die federasie se waardering uitgespreek teenoor elke skopbokser en alle partye wat tot die sukses van die Desert Storm skouspel bygedra het.

Die vier titelgevegte, met nog elf kragmetings op die voorprogram, is voorafgegaan deur gevegte tussen meer as 150 skopboksers van klubs in Angola, Brasilië, Namibië, die Verenigde State van Amerika, Reunion, Suid-Afrika en Zimbabwe. Dié groepe het vroeër die dag in skopboks en Brasiliaanse Jiu-Jitsu kompetisies meegeding.

Die Namibiese Sportkommissie het sy goedkeuring aan die byeenkoms bevestig, hoewel geen van sy beamptes self teenwoordig was nie.

Die RCFAI se president, mnr. Joe Viljoen, sê die geleentheid was 'n groot tree vorentoe vir skopboks in Namibië en dat die organisasie daarna uitsien om die sport in meer dele van Afrika en die res van die wêreld te laat groei.

“Ons is besig om oral in Afrika skopboksers te identifiseer wat die regte leefstyl bevorder en as ambassadeurs van die sport optree.

“Te veel vorige geslagte propvol talent het ongelukkig in vorige eras verlore gegaan, maar nou het ons die geleentheid om ons regmatige plek in wêreldsport in te neem.

“Ons moet aanhou om beroepsvegters in Afrika se profiel deurentyd te verhoog, want onderhandelinge is reeds aan die gang met televisienetwerke wat deur die verkoop van die regte van groot titelgevegte 'n inkomste vir die sport en die vegters kan genereer.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!