Namibiese versoening in ’n ander lig
FRITZ H DAUSAB SKRYF:
Geregtigheid en versoening is teenmiddels vir straffeloosheid - die toestand waarin magtige individue en instellings optree soos hulle wil sonder vrees vir weerwraak, smaad, vergelding of veroordeling.
Strafloosheid ontstaan as daar ’n tekort is aan demokratiese strukture van aanspreeklikheid, billikheid en onpartydigheid.
Erge misdade teen die mensdom is deels die resultaat van straffeloosheid, vandaar die wêreldwye pogings om straffeloosheid en die manifestasies daarvan te beveg.
Geregtigheid, vrede, goeie bestuur en versoening floreer aan die ander kant waar stewige en stabiele demokratiese waardes heers en waar ’n kultuur van konstitusionalisme bestaan om willekeurige magsmisbruik te beperk (African Union Panel of the Wise, 2013).
Die Afrika-unie (AU) se interpretasie van geregtigheid, demokrasie en ondergeskiktheid aan die wet, is teenstrydig met werklikhede in Namibië, al is Namibië ‘n lidland van die AU.
Omdat Swapo vir 30 jaar nog nie pa gestaan het vir onopgeloste, historiese onregte soos die Lubango Dungeons en ook nie oop kaarte speel oor buitelandse geldelike hulp aan hulle nie (voor 1990 en daarna) kan Namibiërs steeds nie verenig word nie.
’n Mens sou dink Namibiërs het na byna 110 jaar van buitelandse heerskappy die lesse van apartheid geleer.
Nasiebou word benadeel deur die institusionalisering van nepotisme deur middel van indiensneming, tenders, behuising en toegang tot hoër onderwys. Hiermeesaam sleep die verskanste kleptokrasie en korrupsie binne Swapo die hele Namibië deur die modder.
DIE WEGSPRINGPLEK
Die grondwetlike vereiste dat die regering amnestie aan almal sou verskaf en versoening sal bevorder, het aanleiding gegee tot ’n nuwe vorm van waarheidskommissie gebaseer op voorwaardelikheid (Jasmina Brankovic, "Responsabilidad y Reconciliación Nacional en Sudáfrica", 2013).
Swapo-taktiek teen versoening het sedert 1990 verskeie vorme aangeneem.
'n Geskenk deur Kuba het Suid-Afrika en sy Westerse agterspelers gedwing om oor die onafhanklikheid van Namibië te onderhandel, met nul insette deur Swapo of die DTA. Die skikking is van buite afgedwing.
Namibië was veronderstel om ’n nuwe nasie met ’n sterker regering en ekonomie te bou, maar die regering het terugkerende ballinge in sleutelposisies ontplooi. PLAN-vegters is in die polisie en NDF ingedruk en visregte aan Spaanse maatskappye gegee.
Vir 20 jaar is die Aawambo deur middel van nepotisme opgehef deur middel van die reservering van posisies. Swart bemagtiging het net vir Swapo-vriende en familie gegeld. Die skepping van baie staatsondernemings was deel van die resep. Kamerade is hier aangestel wat nie instellings soos Air Namibia en TransNamib kon bestuur nie. Na 30 jaar bly slegs geraamtes van talle eens suksesvolle maatskappye oor.
Baie Namibiërs van die Suide, Ooste en Weste is verlaag tot “kwangara's” en werklose dronkaards.
Deur middel van die polisie en NDF is 'n veiligheidstaat geskep.
Dieselfde diskriminasie het plaasgevind tydens die toekenning van plase, lenings en studiebeurse.
Die nalatenskap van Swapo is na 30 jaar duidelik sigbaar oral in Namibië. Die uitvoerende gesag is nie aanspreeklik nie, ons ekonomie presteer nie, werkloosheid, honger en armoede gedy in krothuise - en die Swapo-bestuur bly nutteloos, gulsig en giftig.
TOEGANG TOT KORRUPSIE
Volgens die Grondwet moet die Nasionale Vergadering as wetgewende gesag wette maak en herroep in belang van vrede, orde, goeie regering en al die mense van Namibië).
Die Nasionale Vergadering is egter gevange geneem toe die uitvoerende gesag (ministers en adjunkministers) deel van die parlement geword het.
Voormalige vryheidsvegters het die regering gevorm en in geheel oorgeneem: die uitvoerende gesag, die parlement en die regbank.
Waar geen toesig oor die uitvoerende gesag bestaan nie, ontstaan 'n mislukte staat - ’n land waarin die bewindhebbers nie ondergeskik is aan wette nie, staatsgeld vir hulself toe-eien en die regering en ekonomie gevange neem.
Namibië benodig 'n parlement vry van die uitvoerende gesag om ons Grondwet en demokratiese waardes te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie