Namibiese vervoerreus nie té bekommerd oor SA staking
Ronelle Rademeyer - Een van Suider-Afrika se grootste vervoermaatskappye, die FP du Toit Transport Group, het gister gesê goeie veiligheidsmaatreëls word toegepas om die veiligheid van lorriedrywers en hul vragte te beskerm sou onluste weer in Suid-Afrika uitbreek tydens die staking vanaf môre in die buurland.
City Press het vroeër berig Suid-Afrikaanse lorriedrywers beplan ‘n landswye staking om vervoermaatskappye te dwing om buitelandse drywers in die pad te steek en Suid-Afrikaners in diens te neem. Dit kan so vroeg as 7 Julie begin.
‘n Soortgelyke staking verlede jaar in die buurland het tot die versperring van roetes gelei en ook daartoe aanleiding gegee dat vragmotors op sommige roetes aan die brand gesteek is.
‘n Video oor die beplande staking môre teen buitelandse drywers sirkuleer tans op WhatsApp-groepe in die vervoerbedryf.
Mnr. Stephan Terblanche, hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Transport, sê hulle vragmotors het almal opsporingstelsels aan boord en paniekknoppies wat drywers kan druk die oomblik as probleme ervaar word. “As hulle dié knoppie druk, kan ons binne 25 minute ‘n helikopter daar hê,” sê Terblanche.
Volgens hom skakel die maatskappy ook nou met die polisie en is gevolglik ingelig oor watter roetes om te vermy.
Hy wys ook daarop dat Namibiese lorriedrywers in diens van Namibiese vervoermaatskappy nie in die stakers se visier is nie.
Foto: ‘n Vragmotor wat tydens die staking verlede jaar aan die brand gesteek is. News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie