Namibiese vlag wapper oor die Logos
Namibiese vlag wapper oor die Logos

Namibiese vlag wapper oor die Logos

Anneli Erasmus
Anneli Erasmus

Die Namibiese vlag gaan vandag saam met vlae van verskeie ander lande aan boord die Logos Hope wapper wanneer dit teen 16:00 die hawe van Walvisbaai binnevaar.
Dit is tradisioneel dat die bemanning met die vlae van hul onderskeie lande dit op die dek sal laat wapper wanneer hulle ’n hawe binnevaar. Die Walvisbaaier Benizo Smith is aan boord die Logos.
Die bemanning van vierhonderd bestaan uit nasionalitieite van sestig lande.
Die Logos Hope is die wêreld se grootste drywende boekwinkel met meer as vyfduisend boektitels wat teen sakpaspryse deur die publiek gekoop kan word. Die Logos Hope besoek hawens oor die hele wêreld en kom met ’n boodskap van hoop, maar ook om ’n helpende hand na gemeenskappe uit te steek.
Die bemanning aan boord die Logos is almal Christene, maar besoek ook baie lande van ander geloofskulture.
Die visepresident van Namibië, dr. Nickey Iyambo, sal Saterdag om 10:00 die boot amptelik open waarna die publiek tot 27 Julie elke dag die boot kan besoek.
Benewens die boekwinkel is die Internasionale Kafee 'n gewilde besoekpunt.
Die teaterstuk The Lion, The Witch and The Wardrobe is ’n ander hoogte­punt van die boot se besoek.
Die bemanning gaan verskeie skole op Walvisbaai en Swakopmund besoek en ook help met die oprigting van ’n kerk in Mondesa.
Toegang tot die boot beloop N$5. Kinders onder 12 en senior burgers bo 65 kan die boot gratis besoek. Die suidelike ingang op die hoek van Vyfde Weg en Atlanti-straat moet gebruik word om toegang tot die hawe te verkry.

Kommentaar

Republikein 2025-02-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 32° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 20° | 30° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 19° | 30° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 19° | 30° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:45, High tide: 07:33, Low Tide: 01:49, High tide: 20:01 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 13:43, High tide: 07:31, Low Tide: 01:47, High tide: 19:59 Walvis Bay: 19° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: W, Low tide: 13:43, High tide: 07:30, Low Tide: 01:47, High tide: 19:58 Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 20° | 31° Ariamsvlei: 24° | 32° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 18° | 24° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 19° | 30° Cape Town: 18° | 20° Durban: 23° | 30° Johannesburg: 20° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 24° Harare: 15° | 29° #REF! #REF!