Namibiese Vrouevereniging se kongres om die draai
Namibiese Vrouevereniging se kongres om die draai

Namibiese Vrouevereniging se kongres om die draai

Handvlytdag ook aangebied
Die Namibiese Vrouevereniging (NVV) bied op 20 September hul jaarlikse kongres by die NG-gemeenste Windhoek-Wes aan. Dit is op die hoek van Goshawk- en Sunbirdstraat in Hochlandpark geleë.

Marina Muller, die huidige president, se termyn van ses jaar verstryk tydens die kongres. ‘n Nuwe president sal dus tydens die kongres verkies word.

Die NVV se projek van die jaar is die bekamping van die gebruik van slegte plastiek. Dit bereik die hoogtepunt tydens die kongres. Streekvoorsitters sal dan terugvoering gee oor wat die verskillende takke gedoen het om die gebruik van plastiek wat die omgewing besoedel, te verminder.

Lede gaan stelle drasakke (bestaande uit ‘n pak van vier) by die kongres verkoop. Die sakke moet van enige herwinbare materiaal gemaak wees. Daar sal ook weer ‘n marktafel wees met produkte wat deur die lede gemaak is.

Die kunstenaar van die jaar is Estelle Rubow Van Zyl van Hentiesbaai en sy sal ook by die kongres teenwoordig wees. Die oudste NVV-erelid, tannie Pottie Neethling (99), gaan voorlesings en voordragte lewer. ‘n Redenaarskompetisie sal ook tussen twee spanne plaasvind. Verder is ‘n kabaretvertoning ook op die spyskaart.

Op Saterdag, 21 September, word ‘n Handvlytdag vanaf 8:00 aangebied, ook by dié gemeente. Daar sal ‘n verskeidenheid interressante handvlytkursusse deur die lede aangebied word. Die publiek word hartlik uitgenooi.

Elke kursus van twee uur kos N$130. Dit sluit die kursusfooi en al die benodigdhede in. Al die items word met die hand gemaak en geen naaimasjien word benodig nie.

Daar kan na die volgende uitgesien word: Dollaslapwerk (“cracy patchwork”);materiaalvou, van ‘n sirkel tot’n driehoek (laslapwerk); Amigurumi-hekelwerk (Japanese hekelwerk) waar figuurtjies gehekel word; hekelwerk om ‘n mandjie; maklike koekversiering (op kolwyntjies) en maklike blommerangskikking met ‘n bos blomme. Elkeen behoort huis toe te gaan met ‘n klaar artikel of indien nie, aanwysings om dit tuis klaar te maak.

Besprekings is noodsaaklik aangesien elke kursus net 10 vroue kan akkommodeer. Herhalings kan plaasvind, maar getalle moet vooraf bepaal word.

Om dit by te woo,n kontak die plaaslike takvoorsitter of Magda Rall (081 128 3992) voor 10 September.

Verversings sal te koop aangebied word.

Lede wat die kongres wil bywoon, moet die NVV so spoedig moontlik laat weet by [email protected] of 081 129 1710.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!