Namibiese wet keer nie kinderpornografie
Namibiese wet keer nie kinderpornografie

Namibiese wet keer nie kinderpornografie

Die kantoor van die presidentsvrou sê selfs sy hande is afgekap om kinders teen kubermisdaad te beskerm solank geskikte wette nie bestaan nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Totdat die wet op elektroniese transaksies en kubermisdaad goedgekeur is, kan mense wat kinderpornografie besit, verkoop of versprei, nie in Namibië vervolg word nie.

Die huidige wet op kinderbeskerming maak slegs voorsiening vir die vervolgong van diegene wat dit maak – iets wat gister deur die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop emeritus Zephania Kameeta, as ‘n “krisis” beskryf is.

Terselfdertyd het die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie se permanente sekretaris bevestig die wet ondergaan finale goedkeuring en sal moontlik binnekort geïmplementeer word.

Die stand van sake het onder meer daartoe gelei dat nie vordering gemaak kan word nie in ‘n saak waarin meisies van onderskeie Namibiese sekondêre skole vasgevang is weens 'n kuberboelie wat gedreig het om sensitiewe foto’s van hulle te ontbloot. Ander leerlinge het glo die foto’s onder mekaar versprei.

Gister tydens ‘n konferensie oor kubersekuriteit wat die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) vir parlementslede aangebied het, het me. Veronica Theron, ‘n senior maatskaplike werker van die kantoor van die presidentsvrou, gesê dit is ‘n enorme struikelblok.

LEEMTESS IN HUIDIGE WET

“Die huidige wet laat merkwaardige leemtes wat kinderpornografie aanbetref, en enorme uitdagings vir die vervolging van oortreders.

“In die spesifieke geval van hierdie meises, wat almal tussen die ouderdom van 15 en 21 jaar oud is, is hulle reeds sedert 2015 in ‘n greep van kuberafknouery vasgevang.

“Ons hande is gebind omdat die wet nie ons kinders beskerm nie.”

Theron sê sy dryf die saak reeds sedert dit in Maart by hul kantoor aangemeld is, maar dat sy teen September nog steeds geen antwoord van die Namibiese polisie ontvang het en of daar enige vordering met die saak gemaak is nie. Daar kon ook nie raad verkry word oor watter stappe volgende gedoen kan word nie.

Van die meisies stel nie meer daarin belang om die saak verder te neem.

“Hulle sê as hulle nie beskerm kan word nie en dit nie vinnig afgehandel kan word nie, wil hulle nie deel hiervan wees nie. Van die ouers het gesê dit is vir hulle ‘n te groot skandaal, terselfdertyd is hulle nie seker of iets daarvan gaan kom nie.

“Hulle het gesê hulle sal dit self hanteer – die skaamte asook die emosionele stres - maar sal nie hof toe gaan nie.

“Ek kon nog nie enige versekering aan die kinders gee dat daar enige strafregtelike ondersoek gaan wees nie, ook nie dat dit sal ophou of dat die skuldiges vervolg gaan word nie.

“Daar was weke wat ons aan die saak gewerk het en wat ons nie kon slaap nie. Sommige van die kinders wou selfmoord pleeg en ons moes hul lewenslyn wees – nag en dag.

“Vir ons is dit uiters moeilik om vordering met die saak te maak omdat ons nie ‘n enkele wet het wat dit alles dek nie.”

Sy het ook gesê die kindersorg en –beskermingswet wat in 2015 ingestel is, het nie tande nie omdat die regulasies daarvan nog nie gefinaliseer is nie. Hul kantoor raai dus die regering aan dat dit volledig in die wet op elektroniese transaksies en kubermisdaad ingesluit kan word.

“Namibiese kinders se foto’s is oral oor die wêreld en in die tussentyd hou ons vergaderings en 'talk shows' oor wanneer die wet ingestel moet word.

“Dis nodig dat ons die leemtes so gou as moontlik vul.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!