Namibiese wol 'n gesogte nywerheidsproduk
Swakara hou ope dag
Elvira Hattingh – Namibië onderneem tans ’n haalbaarheidstudie om ’n verwerkingsaanleg vir wol op die been te bring. Dit sal verhoed dat die oorgrote meerderheid van die 360 ton wol wat jaarliks plaaslik geproduseer word, bloot vernietig word.
Swakara-direkteur mnr. Bernd Rothkegel, het op Vrydag 5 Augustus tydens ’n swakara ope dag gesê dit volg nadat onlangs tydens ’n verkenning van die buurland se wolmark, vasgestel is die deur vir uitvoere van onverwerkte wol na Suid-Afrika is bykans gesluit.
“Die rede hiervoor is onder meer omdat die betaling vir wol, wat ’n byproduk is, baie swak is en boonop het die enigste fabriek in die buurland wat wol verwerk, onlangs afgebrand. Indien ons dus nie self iets hieromtrent doen nie, sal dié produksielyn doodloop,” het hy gesê.
Dié ope dag kom op die vooraand van die internasionale pelsveiling in Kopenhagen wat op 10 September plaasvind. Tydens die ope dag is onder meer gewys hoe pelse gesorteer, gegradeer, verpak en vervoer word.
Volgens Rothkegel word net sowat 50 ton van al die wol gebruik wat in Namibië geproduseer word, terwyl die res as gevolg van die swak waarde van wol, uitgevoer of vernietig word.
“Tydens ons besoek aan die buurland het ons vasgestel dat die growwer Namibiese skaapwol ’n gesogte produk vir nywerhede is.
“Boonop het die swakararaad bykans twee jaar gelede besluit om op die een of ander manier waarde tot die byproduk te voeg. Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping wou gehad het die moontlikhede moet ondersoek word om wol as ’n kommoditeit aan kleinhandelaars te bemark.
Daaruit is die Namibiese wolinisiatief gebore, het Rothkegel gesê. Dié inisiatief, waarin wol gebruik is om onder meer matte te weef en viltwerk te doen, word onder leiding van verteenwoordigers van die ministerie asook deur die professionele wewer, me. Claudia von Hase, uitgevoer.
Vervolgens geniet die haalbaarheidstudie die steun van die regering en het beide die goewerneurs van die Karas- en Hardapstreek hul gewilligheid getoon om by die projek betrokke te raak.
“Ons wil met die behulp van plaaslike gemeenskappe ’n gesamentlike onderneming daarvan maak.”
HERLEWING IN INTERNASIONALE MARK
Mnr. Raimar von Hase, voorsitter van die raad, het tydens die geleentheid oor die geskiedenis van die swakaraskaap gepraat en ook gesê dat die internasionale klimaat daartoe gelei het dat pryse vir swakarapelse sedert 2012 gedaal het.
“Tans word gemiddeld N$485 per pels betaal. Die kwessies met die Russiese ekonomie, daling in die ekonomiese groei in China en die finansiële krisis in Griekeland het nie gunstige omstandighede geskep nie. Ons sien tans ’n herlewing in die internasionale pelsmark,” het Von Hase gesê en na die groei in verkope van nertspelse verwys.
Volgens Von Hase is swakara ’n unieke Namibiese produk wat oor die afgelope 109 jaar plaaslik ontwikkel is om by die mark se behoeftes aan te pas. Destydse karakoelboerderye was wyd oor Namibië versprei, asook in die Kaapprovinsie en dit was een van die belangrikste landbouprodukte.
“In 1972 is sowat 5,5 miljoen pelse verkoop, waarvan tot 3,5 miljoen uit Namibië gekom het.
“Destyds was daar sowat 4 000 produsente en ses miljoen skape in Suider-Afrika, maar in die 80’s het die mark in duie gestort – weens oorproduksie asook veldtogte teen die gebruik van pelse.
“Boere het toe oorgeskakel na die produksie van skaapvleis, in so ’n mate dat in 1997 plaaslik slegs 68 500 pelse geproduseer is,” het Von Hase gesê.
Volgens hom het dit daartoe gelei dat die handelsmerk heeltemal omskep moes word.
“Sedert 2000 vorm dit, saam met Kopenhagen Pelse, deel van ’n toegewyde internasionale modeveldtog wat hom op die hoogste marksegment in die modebedryf vestig. Die veldtog was só suksesvol dat boere in 2012 sowat N$650 per pels betaal is. In 2000 het hulle gemiddeld N$186 per pels ontvang.”
Von Hase sê tans is daar sowat 600 swakara-produsente in Namibië, 100 in Suid-Afrika en vyf in Botswana. Dié produsente het saam sowat 230 000 skape en bykans 100 000 pelse word per jaar op die internasionale pelsveilings in Kopenhagen bemark.
“Die wit swakarapelse raak toenemend gewild weens die feit dat dit makliker gekleur kan word en daar word sowat N$830 per pels betaal,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie