Namibiër briljant in vriendelike stad
Driekamp
Tielman van Lill
Adele de la Rey, Carel Fourie, Johan Swanepoel en Philipp Sonntag, het Sondag by Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth, Suid-Afrika, aan die moordende 13de Afrika-Ironmankampioenskap in ongure weersomstandighede deelgeneem.
Weens ’n stormsterkte wind van tot 63 kilometer per uur asook ’n koue rowwe see met gevaarlike sleurstrome, was die organiseerders verplig om dié dissipline se afstand aansienlik vir die swemmers se veiligheid te verkort.
Al die swemmers moes oorspronklik 3.8 kilometer aflê, maar is Saterdagaand tot 700 meter verkort. Die oggend van die kompetisie het toestande egter so versleg dat die atlete net 380 m geswem het.
Hulle moes ná die swem nog steeds 180.1 km fietry en ’n volle marathon (42.2 km) hardloop.
Sy het aan Republikein gesê: “Die swem was baie kort met die seestrome wat gevaarlik was. Maar die fietsry het bestaan uit twee rondes van 90 km waar die wind ons behoorlik gekou het.
“Met die uitry slag was dit teen die wind vir ’n rukkie en dan redelik saam met die wind vir ’n ent. Die rukwinde van die kant af was erg. Omdraai was heelpad terug teen die wind en tydens die tweede ronde het die wind sterker begin waai.
“Ek het my energievlakke goed dopgehou om nie te veel te verbrand nie. Hierdie was my vyfde Ironman, hoewel ek ’n ervare deelnemers is, moet jy nog steeds versigtig wees om nie jou hand te oorspeel nie.
“Ek het beplan om ses ure te ry, maar moes met 6:17 tevrede wees. Die marathon was vier rondes met heelwat bulte aan beide kante. Normaalweg is die bulte niks nie, maar om dieselfde bult vier maal uit te hardloop, is 'n ander ding.
“Al was hierdie nie ’n vollengte Ironman nie, dink ek almal se menslike vermoëns is Sondag ‘n bietjie ekstra getoets. Maar ja, niemand het gesê dit is maklik nie!
“Sal ek dit weer doen? Definitief! Daar is net iets van die tipe kompetisies wat my aantrek!
“Ek wil graag PSG Namibië vir hul ondersteuning bedank. Sonder hulle sou my voorbereiding en die kompetisie nie vir my moontlik gewees het nie.”
Sy het ses weke gelede in Port Elizabeth ter voorbereiding vir die Ironman aan ’n kompetisie deelgeneem.
De la Rey (afdeling: 45 tot 49 jaar) het die kompetisie in 10 uur 47 minute en 56 sekondes vir haar derde plek afgelê. Sy het algeheel 23ste van alle vroue-deelnemers geëindig.
Fourie (40-44) het in 11:50:28 geëindig, Swanepoel (45-49) met 13:22:28 en Sonntag (45-49) in 12:30:39. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie