Namibiër by Oxford vereer vir doktorale proefskrif oor waterrregte
Ronelle Rademeyer - ‘n Namibiër wat aan die Universiteit van Oxford in Engeland in die regte studeer het, is met die Dr. Surya Subedi-prys vir beste doktorale proefskrif in 2019-2020 vereer.
Dr. Ndjodi Ndeunyema wen die prys vir sy proefskrif getiteld “Interpreting Water: The Human Right to Water in the Namibian Constitution”. Die toekenning daarvan is verlede jaar vanweë die Covid-19-pandemie uitgestel en hy is Vrydag daarmee vereer.
Volgens die universiteit word die prys toegeken aan dié tesis wat die opwindendste oorspronklike bydrae tot die betrokke vakgebied lewer en die beste saamgestel is in terme van organisasie, styl en aanbieding.
Die prys is gesog omdat alle doktorale studente in die fakulteit regsgeleerdheid, insluitend in kriminologie en sosioregstudies daarvoor in aanmerking kom, sê die universiteit in ‘n verklaring.
Dit is een van twee toekennings vir die verering van topstudente wat voortvloei uit 'n ruim skenking deur prof. Surya Subedi, ‘n professor in internasionale reg aan die Universiteit van Leeds en ‘n internasionaal gerekende advokaat in Londen.
Subedi is 'n alumnus van die Universiteit van Oxford en het in 1993 'n doktorsgraad (DPhil) in die regte behaal, gevolg deur 'n post-doktorale kwalifikasie, Doctor of Civil Law (DCL), in 2019 aan dié universiteit.
Foto: Universiteit van Oxford

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie