Namibiër deel van nuwe wetsontwerp in buurland
Nuwe wetgewing oor kopiereg is nog nie deur die Suid-Afrikaanse president onderteken nie en is in 2020 terug na die parlement verwys.
Soos in Namibië is Suid-Afrika ook besig met die opstel van nuwe kopieregwetgewing.
Prof. Klaus Beiter van die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus, wat in Namibië gebore is, het 'n belangrike rol in die oorweging van die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg in parlementêre en openbare besprekings gespeel nadat die Suid-Afrikaanse president die wetsontwerp terug na die parlement verwys het.
“Dit lyk asof die proses in Namibië tot dusver baie vlotter as in Suid-Afrika verloop. Hoewel beide huise van die Suid-Afrikaanse parlement die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg in 2019 aanvaar het (die oorsprong daarvan gaan terug na 2009), het president Cyril Ramaphosa geweier om die wet te onderteken en dit in 2020 terug na die parlement verwys.”
Volgens Beiter het die president se kantoor bewerings gemaak die wet kan teenstrydig wees met die eiendomregklousule van die Grondwet en die sogenaamde driestaptoets van internasionale kopieregwetgewing.
“Dit is betreurenswaardig, aangesien dié wetsontwerp die Suid-Afrikaanse wet op kopiereg geskik sou maak vir 'n digitale toekoms. Dit sou ook toegang tot materiaal wat kopiereg het deur opvoedkundige instellings, biblioteke en argiewe makliker maak.
“Dit sou die bevordering van alle plaaslike of inheemse tale deur vertalings moontlik maak en die gebrek aan toegang tot materiaal deur gesiggestremdes takel. Kortom, die nuwe wet sou dit moontlik maak om beperkings van die ou apartheidsera-kopieregwet van 1978 te oorkom en die Suid-Afrikaanse kopieregwet te laat voldoen aan grondwetlike waardes van waardigheid en gelykheid.”
Die wet is nog steeds nie deur Ramaphosa onderteken nie.
“Dit sal miskien ook nooit gebeur nie. Hy het die wet terug na die parlement verwys en hulle moet nou besluit wat die volgende stap is. Gaan dit verander word, óf gaan hulle van voor af begin? In die ergste geval sal hervorming nog baie jare duur.
“In Namibië is slegs 'n konsepwetsontwerp wat tot dusver bespreek word. Dit sal dan vermoedelik in 'n stadium in die Namibiese parlement ter tafel gelê word. Dit sal interessant wees om te sien hoeveel teenstand dit sal kry.”
Beiter het 'n belangrike rol gespeel in die oorweging van die wetsontwerp in parlementêre en openbare besprekings na die president se verwysing terug na die parlement. Saam met bekende akademici oor kopiereg en staatsreg Sean Fiil-Flynn (American University, Washington), Malebakeng Forere (Wits), Jonathan Klaaren (Wits), Caroline Ncube (UCT), Andrew Rens (Research ICT Africa), Sanya Samtani (UP) en Tobias Schonwetter (UCT) het hy in Mei vanjaar 'n gesamentlike regsmening oor die wetsontwerp gepubliseer wat op die webwerf van die Noordwes-universiteit verskyn het.
Hy het ook 'n aparte regsmening ingedien en dit op 11 Augustus aan die portefeuljekomitee voorgelê. Boonop het Beiter – saam met onder meer professore Owen Dean (VS) en Keyan Tomaselli (UJ) wat beide die wetsontwerp teenstaan – sy standpunt oor die wetsontwerp ook aan die Akademie vir Wetenskappe van Suid-Afrika tydens 'n slypskool op 29 Junie voorgelê.
AGTERGROND
Beiter is in Windhoek gebore waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Hy het twee B.Iur. LL.B.-grade (albei met lof) aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria en 'n doktorsgraad in internasionale menseregte (summa cum laude) aan die Universiteit van München verwerf waar hy sy proefskrif onder toesig van prof. Bruno Simma (voorheen 'n regter by die internasionale hof van justisie) geskryf het.
In sy studiebeurs fokus Beiter op die reg op onderwys, vryheid van wetenskap, wetgewing, minderheidsregte, intellektuele eiendomsreg en die ekstraterritoriale toepassing van menseregte.
Hy skryf die eerste Engelstalige monografie oor die reg op onderwys onder internasionale reg, gepubliseer in 2006 deur Martinus Nijhoff Uitgewers.
Beiter het sedertdien in verskeie gesogte internasionale tydskrifte gepubliseer. In September vanjaar het prof. Carlos Correa, uitvoerende direkteur van die Suid-Sentrum in Genève, hom genooi om die onderwerp van mededingingsreg en internasionale tegnologie-oordrag aan te spreek (byvoorbeeld relevant vir toegang tot noodsaaklike medisyne en Covid-19 en ander entstowwe aan Afrikalande) in 'n beleidsopdrag wat aan meer as 7 000 beleidmakers oor die hele wêreld versprei word.
Beiter was twee jaar aan die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk 'n Marie Curie-genoot wat deur die Europese Unie gefinansier is, en het regsnavorsing gedoen oor die beskerming van die vryheid van wetenskap in Europa en Afrika.
Hy is 'n navorsingsgenoot by die Max Planck Instituut vir Innovasie (intellektuele eiendom) en Kompetisie, München (waar hy sewe jaar senior navorsingsgenoot was); lid van die Consortium for Human Rights Beyond Borders in Heidelberg; 'n regsadviseur van die wêreldwye Right to Education Initiative in Londen; een van 12 ambassadeurs van die Observatory Magna Charta Universitatum (wat handel oor kwessies van universiteitsoutonomie en akademiese vryheid) in Bologna, Italië, en 'n navorser-kampvegter vir die Scholars at Risk Network in New York.
Prof. Beiter gee klas in LLB- en LLM-modules in intellektuele eiendomsreg, sosioëkonomiese regte en internasionale maatskaplike geregtigheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie