Namibiër deur Prins William vereer
Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust (SRT) in Namibië, Simson Uri-Khob, is Maandagaand in Londen met die Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika vereer vir sy toewyding en uitsonderlike bydrae tot bewaring. Die Tusk-toekennings, wat in 2013 deur prins William en die beleggingsgroep Ninety One, bekend gestel is, gee erkenning aan gerekende natuurbewaarders oraloor Afrika. Simson (links van Prins William op die foto) was een van drie wenners. Suleiman Saidu van Nigerië is as beste wildlewebewaarder aangewys en Julie Razafimanahaka van Madagaskar het die Tusk-toekenning vir Bewaring in Afrika ontvang. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie