Namibiër finalis van Mej. Duitsland
Henriette Lamprecht – ’n Namibiër wat onlangs as mej. Schleswig-Holstein in Duitsland aangewys is, is een van die 16 finaliste wat die kans staan om as Duitsland se mooiste aangewys te word.
Volgens die organiseerders het meer as 75 000 vroue tussen die ouderdom van 18 en 39 jaar aan die landswye kompetisie deelgeneem.
Die 35-jarige Leonie von Hase, die jongste dogter van Heidi en Raimar von Hase, is in Windhoek gebore en het op die plaas Jena naby Uhlenhorst grootgeword. Leonie besit ’n aanlyn winkel vir vintage-klere.
Die wenners in die individuele federale state is tans besig met voorbereiding vir die finale been van die Mej. Duitsland-kompetisie. Die wenner word op 15 Februarie aanstaande jaar in Europa Park aangewys.
Volgens Leonie is ’n mooi vrou vir haar die krag, karakter en egtheid wat sy uitstraal.
“Sy het opdraandes en afdraandes gehad, lesse geleer en foute gemaak, het vrese en vreugdes, en is ’n vrou wat haar swakhede as sterkpunte gebruik,” sê sê op die Mej. Duitsland-kompetisie se sosialemediablad.
As een van die ouer finaliste is dit ook vir haar belangrik om ’n voorbeeld te stel om nie net sukses in die lewe te behaal nie, maar ook vroeg in jou lewe ’n roeping te vind.
“Vir my is ’n vervullende lewe gevul met risiko’s en groei, en deur altyd die leuse van selfbeskikking te volg. Die houding het my gehelp om my outentieke self te vind, ongeag dit wat ek bereik.”
Leonie sê haar identiteit as die vierde generasie Duitse-Afrikaan is gemeng met kulturele invloede.
Sy het in Kaapstad het drama, Engelse letterkunde en mediawetenskap gestudeer, en haar graad in kreatiewe handelsmerkstrategie behaal. Oor 15 jaar was sy van 'n kelnerin, kopieskrywer, bemarkingskonsultant, geleentheidsorganiseerder en stilis tot 'n kreatiewe direkteur, kosblogger, model en aktrise. Sy het al in Londen, Stuttgart, Berlyn, Athene en Milaan gewoon.
“My kreatiewe uitdrukking was nog altyd die middelpunt van wat ek doen, dit is ook wat my dryf om soggens uit die bed op te staan.”
Die saadjie vir haar liefde vir ou goed en hul geskiedenis is reeds in haar kinderjare geplant en dit was ’n logiese stap om ’n loopbaan hieruit te maak. Vandag is Leonie aan die stuur van The Leonie Store, ’n e-winkel vir vintage-klere en voorwerpe.
“Gekombineer met my passie vir mode, styl en ontwerp, is dit in ’n mediaplatform en koopervaring ontwerp om volhoubare verbruikersgedrag as ’n daaglikse, inspirerende proses aan te wakker.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie