Namibiër in Brasilië vir dwelms gegryp
’n Jong Namibiese vrou is in aanhouding in Suid-Amerika weens ’n beweerde dwelmvonds.
Denver Kisting – Die polisie sê by monde van sy nasionale woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, Namibiërs luister nie na waarskuwings oor dwelmsindikate nie.
Dit kom ná me. Mesia Antonius (26) verlede maand glo op die Internasionale Lughawe Sao Paulo in Brasilië aangekeer is.
Kanguatjivi sê Antonius is glo met ’n onbekende hoeveelheid kokaïen betrap toe sy op 9 Augustus ’n vlug terug Namibië toe wou haal.
Volgens die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het Antonius ’n geldige paspoort wat op 4 Junie 2018 uitgereik is.
Haar Facebook-profiel toon sy, of iemand met toegang tot haar rekening, was op 4 Augustus laas aktief op dié sosialemediaplatform toe sy ’n profielfoto opgelaai het.
Volgens Kanguatjivi neem beweerde voorvalle soos dié toe ondanks gereelde waarskuwings dat veral jong vroue versigtig moet wees om nie ten prooi van internasionale dwelmsindikate te val nie.
Honderdduisende se dwelms
Tussen 1 en 31 Augustus vanjaar het die polisie op onwettige dwelms ter waarde van nagenoeg N$760 650 beslag gelê, sê Kanguatjivi.
Die meeste hiervan was ongeveer 69 kg se dagga met ’n straatwaarde van sowat N$688 690.
Hy sê die polisie het ook verlede maand beslag op 352 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer N$42 000 gelê en sowat 237 eenhede crack (kokaïen) wat N$23 700 werd is.
Die ander onwettige dwelms wat gekonfiskeer is, sluit daggaplante, kokaïenpoeier en onwettige sigarette in.
Kanguatjivi sê 141 verdagtes, van wie 133 Namibiërs was, is weens dié beweerde onwettige dwelmbedrywighede in hegtenis geneem.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie